Bassingthwaighte-familie vier 180 jaar in die land
Meer as 200 nasate van Francis James Bassingthwaighte sal die naweek van 8 September in Goanikontes in die Swakoprivier saamtrek vir ’n familiefees.
Die mense kom van oraloor die wêreld om 180 jaar te vier vandat die Bassingthwaighte-familie vir die eerste keer voet in Namibië gesit het. Hulle het hul eerste huis in Goanikontes gebou.
Alles het in Oktober 1843 begin toe Benjamin Dixon, sy vrou, Jane Ledevia, en sewe kinders – waarvan die jongste sewe weke oud was – in drie volgepakte ossewaens uit Kaapstad vertrek het.
Hul eindbestemming was Walvisbaai waar hulle ’n handelspos wou vestig om vars vleis na St. Helena-eiland en die Engelse kolonie te verskeep.
In Junie 1844 het almal Walvisbaai bereik en dit was waarskynlik die eerste keer wat ossewaens en wit vroue die sand aangeraak het.
Jimmy Bassingthwaighte, ’n vierde geslag-nasaat en mede-organiseerder van die fees, het vertel dat Benjamin se oudste dogter, Jane Latham, volledig dagboek van die reis gehou het.
“Sy het daarin geskryf: ‘Hoekom het my ou vader nie maar op Hondeklipbaai ’n handelspos opgerig nie?’ Ons kan onsself nie eens indink hoe moeilik die tog moes gewees het nie. Die ontberings wat die familie moes verduur.”
Ryk guano-neerslae langs die kus het beteken daar het soms tot tien skepe by die baai aangedoen. Die handel in vleis, volstruisvere en koper het Benjamin se durf bevestig.
“Hulle het glad nie meer voorrade van ossewaens gekry of van die Kaap nie – hulle het met die skepe handel gedryf. Aan die einde van 1844 het Benjamin die dienste van ’n ystersmid benodig. Hy het vir Francis James Bassingthwaighte van St. Helena-eiland in diens geneem.”
Benjamin se gesondheid het agteruitgegaan en die verkope het afgeneem omdat guano minder geraak het. Die handel is beëindig en die familie het in 1850 na Goanikontes verhuis en ’n permanente huis gebou, groentetuine aangelê en beeste aangeskaf.
“Benjamin se gesondheid het egter nog verswak en hy het die plaas Roodebergkloof in Namakwaland, 12 myl vanaf Garies, gekoop en daarheen getrek.
“Francis het eers op Goanikontes gebly, toe op Sandfontein buite Walvisbaai en Otjimbingwe voordat hy net buite Keetmanshoop tussen die noord-suid-handelsroete ’n handelspos gevestig het.”
Hy het intussen vertroue ingeboesem by die Herero- en Nama-bevolkings.
“Hy het siek geword en is deur die Duitse sendelinge Hugo Hahn en Franz Kleinschmidt op Gross Barmen versorg. Jan Jonker Afrikaner het hom daar gaan haal en Windhoek toe gevat. Daar het hy hom versorg totdat Francis weer gesond was. Dit is die verhouding tussen die mans. Francis het vir sy manne geleer om spiese en messe te maak in ruil vir beeste. Hy het die beeste Kaap toe gevat en daar vir smousware geruil, teruggekom en tussen die mense gesmous,” het Jimmy gesê.
Francis het ’n ryk koperertsneerslag by die Matchless-myn ontgin. In 1851 is hy getroud met Benjamin se dogter, Rebecca Jane. Drie seuns en vier dogters is uit hierdie huwelik gebore.
Hy sterf op 20 Junie 1888 en word op sy plaas Harige Kakebeen in die Bethanie-distrik begrawe.
NOG ’N STAALTJIE
Jimmy vertel van sy oom Ernest wat in die Eerste Wêreldoorlog ’n gewone soldaat was en in die Tweede Wêreldoorlog die bevelvoerder van die Suid-Afrikaanse kontingent wat in Italië geveg het.
“Sy Afrikaans was nie baie goed nie en hy het die Onse Vader-gebed in sy pet geplak. Op die paradegrond het hy dan die gebed – wanneer almal hulle oë toegemaak het – uit sy pet voorgelees. Die dag het daar ’n sterk wind gewaai en hy het begin lees ‘Onse Vader wat in die. . .’ en toe skree hy: ‘Keer, kêrels daar gat die Onse Vader’.”
FAMILIEFEES
“Dit is die tipe stories wat ons Saterdag tydens die familiefees wil vertel. Daar is hope interessante stories. Ons wil ook ons stamboek wys en natuurlik aanvul sodat niemand van die nageslag uitgelaat word nie. Almal wat familie is, is welkom om deel te wees. Gaan loer op die Facebookblad Bassingthwaightes of Namibia in, meld aan en wees deel van die familiefees.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie