Dringende herstel nodig van Garub
Water vir diere in omgewing
Tydens die oorlogsjare (1914-'15) het vlugtende Duitse troepe groot dele van die spoorlyn en stasie vernietig.
Henriette Lamprecht – Die watergat by die historiese Garub-treinstasie wat in 1906 gebou is, benodig dringende opknappingswerk wat tot N$240 000 kan beloop.
Die watergat is in so ’n vervalle toestand dat die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme die hulp van die Namibia Wild Horses Foundation in geroep het om die herbou daarvan te finansier. Die watergat bedien diere wat in die westelike kant van die Tsau ||Khaeb Nasionale Park wei.
Die spoorlyn tussen Aus en Lüderitz is gebou om water na die binneland te vervoer vir die ossewaroete tussen Lüderitz en Keetmanshoop, ’n moeisame reis wat dikwels die lewens van mens en dier weens waterskaarste geëis het.
Skepe het tot 750 000 gellings water vanaf die Kaap asook 4 000 perde (die voorvaders van Namibië se woestynperde), tonne voer en ook voorrade na Lüderitz vervoer, waarna dit na die binneland vervoer is.
’n Historiese inskrywing beskryf dit as volg: “Die lang tog deur hierdie Godvergete land is soos ’n aaklige nagmerrie. Die omgewing nou is eenvoudig net klippe en sand, sand en klippe. ’n Paar perde word soms ook verloor.”
Dit was juis hierdie gebrek aan water wat dié roete – wat bekend sou word as die “land van droogte” – geteister het.
Dit het gelei tot die bou van die historiese Garub-treinstasie in 1906 om water aan lokomotiewe te voorsien. Tydens die oorlogsjare (1914-’15) het vlugtende Duitse troepe groot dele van die spoorlyn en stasie vernietig met Unie-soldate kort op hul hakke wat die spoorlyn herstel het soos hulle beweeg het.
Na bewering het ’n stofwolk voortdurend oor die Garub-watergat gehang waar 10 000 soldate en 6 000 diere vergader het om hul dors te les. In ’n poging om die druk op die watertoevoer te verlig, is ’n smalspoor-spoorlyn na verskeie boorgate gebou om water aan die treine te voorsien. Een van hierdie historiese boorgate bestaan vandag nog vir die nageslag van daardie jare se perde en ook vir ander diere in die omgewing.
Met die totale herbou van Garub 1 sal die druk op Garub 2, die huidige watergat by die uitkykpunt, verlig word. Dit verminder ook die loopafstand vir gemsbokke in die omgewing wanneer weiding in die westelike deel van die park goed is.
Vir meer inligting en rekeningbesonderhede vir skenkings kan die webtuiste www.wild-horses-namibia.com besoek word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie