Martti Ahtisaari en Namibië se stigterspresident, Sam Nujoma. Foto argief
Martti Ahtisaari en Namibië se stigterspresident, Sam Nujoma. Foto argief

Martti Ahtisaari gegroet

Tanja Bause
Die Nobelpryswenner en voormalige president van Finland, Martti Ahtisaari, is gister op die ouderdom van 86 dood. In Namibië sal hy onthou word as die spesiale verteenwoordiger wat aan die hoof van die Verenigde Nasies se oorgangsvredesmag (Untag) gestaan het, wat die proses om vrede te bewerkstellig en die verkiesings wat in 1990 tot onafhanklikheid gelei het, gemonitor het.

Riaan Eksteen, die voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur in Namibië, het in ’n stemboodskap gesê hy het met groot hartseer van Ahtisaari se dood verneem.

“Ek het hom baie goed geken en ons het ure se samesprekings oor Namibië gevoer oor die implementering van die Westerse voorstel toe hy in 1976-’77 uit Dar-es-Salaam aangekom het. Ek het hom op sy reis na Namibië en Suid-Afrika vergesel en ons het ’n wonderlike vriendskap opgebou. Hy was ’n indrukwekkende persoon. Hy het geweet wat hy wil hê en hy was soms hardkoppig en ja, ons het daaroor koppe gestamp. Maar hy was suksesvol, ook met die uiteindelike implementering van resolusie 435 (wat Namibië se onafhanklikheid tot gevolg gehad het). Daardeur is Martti se naam in Namibië se geskiedenis ingegraveer en niemand kan vergeet watter rol hy gespeel het om 435 te bewerkstellig nie.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!