Nangolo Mbumba
Nangolo Mbumba

Mbumba onthou Cassinga-aanval

Staatshoof sê in verklaring
Die aanval het op 4 Mei 1978 – 46 jaar gelede – plaasgevind en het sowat vier uur geduur.
Brigitte Weidlich
President Nangolo Mbumba het gesê die lugaanval deur die Suid-Afrikaanse weermag op die Cassinga-kamp in die suide van Angola 46 jaar gelede, sal “vir ewig in die Namibiese geskiedenis neerkom as ’n bloedbad en ’n herinnering aan die wreedheid wat Namibiërs deur Suid-Afrika tydens apartheid aangedoen is gedurende die land se lang en uitgerekte stryd om onafhanklikwording”.

Die aanval het op 4 Mei 1978 plaasgevind en het sowat vier uur geduur. Sowat 600 mense, insluitend talle vroue en kinders, het hul lewens verloor en nog honderde is beseer. Die regime in Pretoria het destyds beweer Cassinga is nie ’n vlugtelingkamp nie, maar ’n opleidingsentrum vir “terroriste”. Namibië se regering het 4 Mei onmiddellik ná onafhanklikwording op 21 Maart 1990 tot ’n nasionale vakansiedag verklaar.

Mbumba het Saterdag in ’n verklaring gesê, “die blywende traumas en letsels wat deur oorlewendes en hul nageslag ervaar word, steeds individue en gemeenskappe raak, wat Namibië (terselfdertyd) herinner aan die belangrikheid van genesing, herinnering, versoening en nasiebou.”

“Die donkerte en letsels van Cassinga op die oorlewendes en Namibiërs in die algemeen is met ons. Inderdaad, hulle sal voortgaan om te dien as ’n kragtige herinnering aan die veerkragtigheid en vasberadenheid van die Namibiese mense in hul stryd in hul onvervreembare reg op vryheid,” het Mbumba gesê.

“Cassingadag herinner ons dat ons ’n nasie is wat in die vuur van swaarkry gesmee is en deur die beproewinge van die geskiedenis versterk is,” het Mbumba gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!