Namibië se maritieme museum geopen
Skatkis van artefakte, geskiedenis
Die museum sal 'n integrale rol in die behoorlike vaslegging, dokumentasie en verteenwoordiging van Namibië se maritieme erfenis speel.
President Nangolo Mbumba het Woensdag die Namibië Maritieme Museum (NMM) op Lüderitz amptelik geopen.
Die staatshoof het sy hoop uitgespreek dat die museum nie net ’n gesogte aantreklikheid op Lüderitz word nie, maar dat dit ’n verskil sal maak aan die kennis en begrip van elkeen wat deur sy deure stap. Hy het die amptelike opening as ’n geskiedkundige geleentheid beskryf.
“Vandag is ’n belangrike mylpaal in die Lüderitz Waterfront Ontwikkelingsmaatskappy se agenda met die afskop van fase twee deur die skepping van die Namibië Maritieme Museum.
“Ná verskeie jare van beraadslaging, beplanning en uiteindelik die uitvoering daarvan, kan Lüderitz en die hele Namibiese nasie uiteindelik met trots die getuies van die opening van die museum wees, wat die unieke verhouding dokumenteer wat ons mense met die see het,” het Mbumba gesê.
Hy het tydens sy openingsrede ook hulde aan wyle dr. Abraham Iyambo, die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, gebring.
“Hy het in 2004 met konsultasies oor die konsep van ’n Namibië Maritieme Museum begin, waarna die kabinet die konsep in 2009 as ’n komponent van die Lüderitz Waterfront se tweede fase onderskryf het.”
Die president het gesê dat die NMM ’n integrale rol sal speel in die behoorlike vaslegging, dokumentasie en verteenwoordiging van Namibië se maritieme erfenis en die bydrae wat die mense van die land tot globale seevaart gemaak het.
“Die museum sal ’n kulturele program en kunsgeleenthede deur die jaar insluit, alles gerig op die bevordering van skoner oseane en langtermyn-volhoubaarheid.
“Mag hierdie museum ’n simbool wees van ons kollektiewe toewyding om Namibië se ryk maritieme geskiedenis vir die komende geslagte te bewaar.”
Hy het beklemtoon dat die museum, wat binne die mure van die ou kragstasie op Lüderitz gehuisves word – ’n struktuur wat volgens hom meer as ’n eeu van Namibiese maritieme geskiedenis sedert sy voltooiing in 1911 tydens die Duitse koloniale era aanskou het – staan as ’n baken van Namibië se historiese mariene narratief.
“Daar word in die vooruitsig gestel dat die Namibië Maritieme Museum die uiteindelike hulpbron sal word om ons maritieme geskiedenis te ontdek en die belangrike rol vier wat die oseaan in die geskiedenis van ons land gespeel het.
“Nie net sal hierdie gebou bydra tot die estetiese skoonheid van die dorp deur die ou verlate kragstasie in ’n meer aantreklike landmerk te omskep nie, maar dit sal verseker dat historiese artefakte en skepe in ’n optimale toestand bewaar word en toeganklik gemaak word vir algemene belangstelling, akademiese studie en vir openbare onderwys.”
Mbumba het alle regeringsamptenare, opvoeders, studente, entrepreneurs, navorsers, bewaringsbewustes en burgers aangemoedig om die museum te besoek, aan sy programme deel te neem, hul eie stories en artefakte by te dra en te pleit vir die bewaring van Namibië se maritieme erfenis.
Die president het ook beklemtoon dat die oseaan van uiterste belang vir die Namibiese nasie is.
“Dit is nie net vanuit ’n historiese oogpunt nie, maar ook as ’n manier om ons ontwikkelingsdoelwitte te bevorder.
“Die see dra aansienlik by tot Namibië se ekonomie deur werksgeleenthede, voedsel, minerale, vervoer, energiebronne, ekologiese dienste en toerismegeleenthede te verskaf.
“In hierdie verband sal die museum hierdie bydraes uitlig, besoekers opvoed oor die ekonomiese belangrikheid van ons mariene hulpbronne, asook volhoubare praktyke bevorder om hul bewaring te verseker.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie