Nié smelter wat Tsumeb se water vertroebel

Dundee Precious Metals Tsumeb (DPM) sê die biologiese besmetting van Tsumeb se drinkwater word nie deur hul smelter veroorsaak nie.

Inteendeel, dit was juis hulle wat tydens ‘n roetine toetsing van die water ontdek het dat dit nie geskik vir menslike gebruik is nie. Die inligting is dadelik, soos dit goeie landsburgers betaam, onder die dorp se munisipaliteit se aandag gebring. Dit is reeds op 13 Desember gedoen, sê Dundee.

In ‘n mediaverklaring van Donderdag 19 Januarie sê Dundee se vise-president en besturende direkteur, Zebra Kasete, buiten dat hulle die probleem onder die munisipaliteit se aandag gebring het, het hulle ook hul toetsresultate gedeel en professionele ondersteuning gebied oor hoe die saak beredder kan word, insluitende om hulp vanuit hul laboratorium te bied om die water doeltreffend te kan toets.

DPM sê dit het as ‘n voorsorgmaatreël selfs sy werknemers van gebottelde water voorsien, totdat die munisipaliteit die saak kan beredder.

Intussen het Tsumeb se munisipaliteit op 10 Januarie die dorp se inwoners in ‘n kennisgewing in sosiale media gewaarsku dat hulle steeds alle water moet kook, voor hulle dit drink, terwyl “belangegroepe voortgaan om die gehalte van die water te ontleed”.

Daar is toe ook gesê dat die munisipaliteit se uitvoerende hoof, me. Victoria Kapenda en Kasete reeds op 6 Januarie vergader het oor alle moontlikhede, om seker te maak Tsumeb se water herwin sy status as van die beste gehalte.

Kommentaar

Republikein 2024-12-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 20° | 24° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 21° | 27° Otjiwarongo: 20° | 30° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 19° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 13° | 26° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 16° | 31° Mbabane: 19° | 27° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 16° | 25° Lilongwe: 20° | 32° Maputo: 23° | 33° Windhoek: 19° | 32° Cape Town: 19° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 32° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!