Dié nota uit 1973 is onlangs op die stand gevind. Foto verskaf
Dié nota uit 1973 is onlangs op die stand gevind. Foto verskaf

Nota in ’n bottel ná 50 jaar gevind

Tanja Bause
Werkers en vrywilligers van N/a’an ku sê is besig met hulle Coastal Conservation-projek langs die kus en het ’n boodskap in ’n bottel wat 50 jaar gelede in die see gegooi is, gevind.

Hulle maak tans die strand vanaf Hentiesbaai tot by Langstand skoon.

Terwyl hulle besig was het die projekleier, Stephen Croucamp, en ’n vrywilliger, Stjin Kolkman, op ’n gebreekte wynbottel langs ’n bos afgekom. Toe hulle nader ondersoek instel het hulle ’n geskrewe boodskap tussen die glasstukke gesien.

“Ons was besig om tussen Myl 32 en 30 skoon te maak toe ons die stukkende bottel sien. Die bottel was heeltemal gebreek en dit is hoekom die brief ’n bietjie deur die wind en weer verniel is. Nog ’n vrywilliger het die stukkies bymekaar gesit. Ongelukkig is die boodskap in Duits en is dit dus verkeerd bymekaar gesit. Ons moet dit nog reg bymekaarsit.”

Die vertaling van die boodskap lui: “2.9.1973. Hallo. Kan wie ook al dié boodskap kry asseblief vir my skryf. Baie groete van Anne uit Otjiwarongo PS 2401 SWA.”

Anne of enigiemand wat die posadres herken en dalk weet wie die familie is aan wie die posbus behoort het, kan gerus met Republikein in verbinding tree.

NOG ’n BOODSKAP

Aan die begin van Oktober het ’n klein bottel met ’n nota in naby Lüderitz uitgespoel.

Marie Lemerle van die Brown Hyena Research Project het dit opgetel. Binne-in was ’n nota wat 70 jaar gelede geskryf is met die van Groenewald daarop.

“Die van Groenewald was baie duidelik te sien. Ek kon ook ‘... sal ... nie aan hom sal guns bewys word en hy sal geseën wees. Doen hy dit nie sal daar ... al niks met hom gebeur. Stuur dit ... aan die ... 6/.../53 Dankie Groenewald Eiland Brugg Luderitz S.W.A.’ uitmaak. Ons kon ook tekeninge van skedels, bene en die SWA-vlag uitmaak.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!