Nuwe baadjie vir eeu oue kerk

Iréne-Mari van der Walt
Die Duitse Evangelies-Lutherse Kerk (ELCIN-DELK) op Swakopmund ondergaan tans opknappingswerk met nuwe koperdakteëls en ’n nuwe kruis vir die kerktoring wat aangebou word.

Die Duitse ambassade in Windhoek het hierdie verbeterings moontlik gemaak deur ’n skenking van 25 000 euro (ongeveer N$500 000). Die finansiering is as deel van die Duitse kulturele bewaringsprogram beskikbaar gestel.

Die kerk is op 7 Januarie 1912 ingewy en het sedertdien ’n Walcker-orrel, wat die vorige jaar in Ludwigsburg, Duitsland, gebou is.

In 2021 het die Duitse ambassade hulp verleen om die orrel onder die kulturele bewaringsprogram te restoureer. Die kerk is op 21 September 1978 tot ’n nasionale monument verklaar.

Die kruis wat meer as ’n eeu lank bo-op die kerktoring was, het tydens ’n storm in 2023 afgeval en terwyl die skade bepaal is, het dit aan die lig gekom dat die koperdakteëls ook vervang moet word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!