Nuwe baadjie vir historiese skag

Augetto Graig
Die De Wet-skag wat sedert die laat sestigerjare deel van Tsumeb se landskap is, ondergaan tans omvattende opknapwerk wat moontlik nog voor die einde van die jaar voltooi sal wees.

Personeel van Kraatz Ingenieurs sit skouer aan die wiel om die historiese mynskag en sy hoofrat weer te herstel, met fase een van die projek wat reeds voltooi is. Dit sluit in die oprig van steiers, sowel as 'n veiligheidsnet om die skag.

Deel van die opknappingswerk is die verwydering van roes, met kenners van die Universiteit van Namibië (Unam) wat hul kundigheid sal deel en insette lewer oor die vervanging van foutiewe strukturele balke. Akademici uit Duitsland gaan ook besoek by die projek en skag aflê om onder meer die unieke roesproses te bestudeer en ander inligting in te samel.

Die Tsumeb Museum en die Federale Instituut vir Materiaalnavorsing (BAM) uit Duitsland het die projek saam met die Tsumeb Industriële Erfenisvereniging van stapel gestuur. Die munisipaliteit het verlede jaar toestemming gegee dat die ou skag weer ‘n toeganglike deel van die dorp word. Die Duitse ambassade in Namibië fasiliteer die finansiering van die projek, met N$1 miljoen wat reeds oorbetaal is. Die munisipaliteit beoog om later saam met die Dundee Gemeenskapstrust ‘n toerismesentrum by die skag te vestig, nadat dit as veilige uitkykpunt oor Tsumeb omskep is.

Die munisipale woordvoerder Stella Imalwa-Nangolo sê is dit opwindend dat die projek volg op die voltooide opknappingswerk op die nabygeleë Friedrich-Wilhelm-skag wat vanjaar 'n eeu oud is. Volgens navorsing deur Boellinghaus, T., Wentland, E., Jassmann, R., Keller, R., & Wolfrum, A. (2021), is dit een van die oudste geklinkte staalkopratte in 'n mynskag van die Promnitz-ontwerp wêreldwyd. Jens Frautschy, voorsitter van die dorp se museum en erfenisvereniging, sê hulle dryf projek om die De Wet-skag op te knap danksy die finansiering deur die Duitse buitelandse kantoor. Volgens Frautschy is die skag een van die hoofgeboue op die dorp en beeld dit Tsumeb se mynbou-erfenis uit.

“Ons probeer dit 'n toerisme-aantreklikheid maak. Wanneer die projek voltooi is, sal 'n persoon in die skag kan opklim en 'n uitsig van die dorp kan geniet,” sê hy.

“Ons kry baie hulp van Kraatz Ingenieurs. Die manne is uitstekend met die werk en gespesialiseerd daarin, ons is baie bly om dit saam met hulle te kan doen.”

Volgens Frautschy is die doelwit om teen die einde van die jaar die projek te voltooi, maar erken verdere navorsing teen roes is nog nodig. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!