San-leiers van oraloor Namibië kom vandeesweek in Windhoek byeen. Foto Ingrid Bause
San-leiers van oraloor Namibië kom vandeesweek in Windhoek byeen. Foto Ingrid Bause

San kom hoor oor volksmoord

Augetto Graig
Augetto Graig – San-hoofmanne van oraloor Namibië sal van môre af tot Donderdag in Windhoek by die Safari Hotel vergader.

Hulle wil navraag doen oor die vordering wat die Namibiese en Duitse regerings gemaak het rakende die volksmoord-onderhandelinge.

Die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking het die hoofmanne, vergesel deur twee adviseurs van elke tradisionele owerheid, genooi om aan die vergadering deel te neem

Die uitnodiging is op Staatshuis se briefhoof uitgestuur.

Volgens die Hai-||kom San se opperhoof, mnr. Ananias Soroseb, sal hy by die vergadering wees in afwagting van ’n Duitse afvaardiging.

“Van my kant af, ek sal daar wees,” het hy gesê, en bygevoeg “die Duitsers sal ook daar wees.”

Hy voel dit is belangrik om die agtergrond en geskiedenis te deel, en Duitsland bewus te maak van hoe hulle die San uitgemoor en die land afgevat het.

“Ons is steeds daar, in daardie toestand waarin hulle ons gelos het. Die Duitsers het met alles begin, maar al drie regerings het ons agtergelaat. Die Duitsers, die Boere en ons s’n ook, wat ons 32 jaar lank as randgemeenskap los,” sê hy.

Soroseb sê tot dusver is mense anders as die Nama en Herero uit onderhandelinge uitgesluit met betrekking tot reparasie vanaf Duitsland.

“Hulle maak die deur vir ons oop,” het hy gesê.

Intussen gaan voorbereidings voort vir ʼn byeenkoms van al die San-leiers in suidelike Afrika, met WhatsApp-boodskappe uit Suid-Afrika, Botswana en Zimbabwe.

Soroseb sê die geleentheid word vir 13 November beplan en dat die adjunkminister in die presidensie verantwoordelik vir randgemeenskappe, mnr. Royal /Ui/o/oo, bewus is van die komende vergadering.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 18° | 31° Tsumeb: 18° | 28° Otjiwarongo: 16° | 24° Omaruru: 18° | 25° Windhoek: 18° | 24° Gobabis: 20° | 30° Henties Bay: 18° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 21° Rehoboth: 19° | 26° Mariental: 20° | 29° Keetmanshoop: 21° | 27° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 17° | 25° Ariamsvlei: 23° | 31° Oranjemund: 17° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 19° | 31° Maseru: 19° | 31° Antananarivo: 16° | 30° Lilongwe: 19° | 25° Maputo: 24° | 38° Windhoek: 18° | 24° Cape Town: 18° | 25° Durban: 24° | 35° Johannesburg: 19° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 20° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!