genco
genco

Volksmoord op Swakopmund herdenk

Jemima Beukes
Die eerste internasionale konferensie oor die Herero-volksmoord, ter herdenking van 120 jaar sedert die uitwissingsbevel deur keiserlike Duitsland uitgereik is om Ovahereros te vermoor, vind vanaf eerskomende Maandag tot Saterdag in Swakopmund plaas.

Deel van die verrigtinge is ’n uitstalling en dokumentêre vertoning oor ondersoeke oor Shark Island, Waterberg en die Slag van Hamakari.

Een van die voorsitters van die geleentheid, Nandiuasora Mazingo, het verduidelik dat die program aanbiedings oor die Herero-volksmoord in historiese konteks sal insluit, asook ’n voorloper tot die volksmoord deur die historikus Festus Muundjua.

Nog ’n inligtingsessie fokus op die Namibiese, Botswana, Angolese en Suid-Afrikaanse ervarings van die afstammelinge van die Nama- en Ovaherero-volksmoord.

Die program ondersoek ook intergenerasie-trauma, grondonteiening en patrone van armoede.

Dit fokus ook op diegene wat in ballingskap gegaan het, insluitend die verlies van identiteit sowel as die gevolge van die volksmoord.

“Ons wil graag hê ons mense moet dit oordra wat hul grootouers hulle vertel het oor die gruwels wat hulle deurgemaak het, verhale oor die kultuur wat hulle verloor het en ook hul materiële rykdom.

“Dan sal ons ook daaroor praat tydens die voorloper en dan die bedoeling van die Duitsers. Die bedoeling is eintlik om mense te bring om dit te vertel en te publiseer en ons eie storie te vertel.

“Woensdag is die 120ste herdenking van die uitwissingsbevel deur Lothar von Trotha. Ons gaan ’n optog hou na die ongemerkte grafte en terreine waar die konsentrasiekampe was,” het hy gesê.

“Dis nie net geskiedenis nie, maar bly ’n bepalende herinnering.”

Die eerste Ovaherero-konferensie vir eise vorm ook deel van die week en het ten doel om die eise van die Ovaherero te verwoord en wat hulle wil hê moet herstel en vergoed word.

“Saterdag hou ons ’n optog om ons eise, insluitend dit wat tydens die konferensie na vore gekom het, aan Staatshuis voor te lê.

“Buiten dat ons self sal praat, het ons ook politieke partye insluitend uit Duitsland genooi om vir ons te sê waar hulle oor die kwessie staan. Ons wil ook ’n alliansie met ons Joodse broers en susters sluit om by hulle te leer,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!