Volksmoordmuseum brei uit
Precious Nghitaunapo – Die Swakopmund-volksmoordmuseum maak gereed om aansienlik uit te brei en vir ’n restourasieprojek.
Laidlaw Peringanda, die breinkind agter die museum, het aangekondig dat finansiering van die Duitse ambassade en die regering verseker is, wat ’n keerpunt in die museum se geskiedenis is.
Die naderende besoek van ’n Duitse afvaardiging volgende maand aan die museum, verteenwoordig volgens Peringanda die begin van gesprekke oor samewerking en borgskappe.
Peringanda beoog om die finansiering te gebruik om nie net die museum uit te brei nie, maar ook om die noodsaaklike taak te onderneem om die ongemerkte grafte van die Swakopmundse krygsgevangenes van die jare 1904 tot 1908 te herstel.
“Ek is verheug om die ondersteuning aan te kondig wat ons van die Duitse ambassade en regering ontvang het,” het Peringanda gesê. “Die finansiering sal ons in staat stel om ons doelwit te bevorder om die herinnering aan die volksmoord en die impak daarvan op ons gemeenskap te bewaar.”
Die museum gaan ook in ’n grondverskuiwende inisiatief geleenthede fasiliteer vir studente uit gemeenskappe wat deur die volksmoord geraak is om in Duitsland te studeer.
Peringanda werk nou saam met Duitse instellings om die sukses van die program te verseker, wat daarop gemik is om opvoedkundige geleenthede te bied en ook ’n kruiskulturele begrip te bevorder.
Volgens Peringanda het die projek verskeie uitdagings ervaar en waaronder die Swakopmund-munisipaliteit wat “problematies” in sy ondersteuning van die museum was.
Die saadjie vir die museum is in 2015 in die DRC-informele nedersetting op die dorp geplant, maar dit is egter eers in 2019 amptelik geregistreer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie