Von Francois moet bly, sê IPC
Bewys van Duitse kolonialisme
Tydens 'n gewone raadsvergadering verlede week, het nege raadslede ten gunste daarvan gestem om die standbeeld te verwyder, terwyl vyf daarteen gestem het.
Jemima Beukes – ’n Raadslid vir Stad Windhoek, mnr. Bernardus Araeb, het heftig beswaar gemaak teen die stadsraad se oorweldigende stemming om die omstrede standbeeld van Kurt von Francois te verwyder.
Hy sê om die standbeeld te behou, is ’n belangrike bewys van Duitsland se wreedheid in Namibië.
Dié raadslid van die Independent Patriots for Change (IPC) voel die standbeeld moet gehou word soos dit tans is.
Dit is in Oktober 1965 tydens die 75ste herdenkingsvieringe van die stigting van Windhoek onder Duitse koloniale heerskappy onthul.
Tydens ’n gewone raadsvergadering verlede week, het nege raadslede ten gunste daarvan gestem om die standbeeld te verwyder, terwyl vyf daarteen gestem het. Die voorstel was dat die standbeeld vanaf die kruising tussen Onafhanklikheidslaan en Sam Nujoma-rylaan na die museum verskuif word in plaas daarvan dat die standbeeld heeltemal verwyder word.
Araeb het die besluite as “skandelik” bestempel aangesien die geraakte Nama- en Ovaherero-gemeenskappe van die 1904-’08-volksmoord nog nie hul onderhandelinge vir vergoeding afgehandel het nie.
Volgens hom vorm die standbeeld deel van die bewyse van Duitse kolonialisme in Namibië en moet dit so vir toekomstige generasies agtergelaat word.
“Hoekom sal jy bewyse verwyder? Elke persoon wat slim is, moet vra waarom word dit gedoen. Laat die bewyse so bly terwyl die slagoffers se onderhandelinge met die Duitse regering steeds aan die gang is. Laat die reparasieproses sy gang gaan en voltooi word. Ek het dit nie verwag nie; dit is ’n uitwissing van geskiedenis en bewyse,” het hy gesê.
Twee jaar gelede het die maatskaplike aktivis me. Hildegard Titus ’n petisie begin wat gevra het dat Von Francois, ’n man wat “verkeerdelik as Windhoek se stigter bekendstaan” se standbeeld verwyder moet word.
Die voorstel was dat Von Francois, onder wie se bevel Duitse troepe die Nama-leier Hendrik Witbooi se nedersetting in die vroeë oggendure van 12 April 1893 by Hornkranz aangeval het, vervang word met ’n standbeeld van Windhoek se “ware stigter”, Jonker Afrikaner.
Sowat 80 mense, insluitend vroue en kinders, is in die aanval dood.
“Hoewel ons nie die stad se donker en gewelddadige geskiedenis kan verander nie, kan ons verander wat ons van daardie geskiedenis herdenk. Ons is dit aan Jonker Afrikaner, Samuel Maherero, Hendrik Witbooi en die duisende Namas en Hereros verskuldig wat uitgelewer is aan volksmoord deur die moorddadige Duitse koloniale heerskappy,” lui die petisie.
Raadslid Job Amupanda van die Affirmative Repositioning-beweging, het ten gunste van die verwydering van die standbeeld gestem en het Araeb se redes as lagwekkend beskou.
“Daar is baie dinge wat ons moet doen om die erfenisprentjie van Windhoek te verander. Byvoorbeeld al die sogenaamde erfenisgebiede wat net in die stad is en daar is niks in Katutura nie.
“As voorsitter van die Erfeniskomitee in Windhoek, is ek bly ons het die kwessie uiteindelik finaal agter ons gelaat.
“Hoewel dit ons byna 60 jaar gekos het, waarvan 32 ná onafhanklikwording was, is ek bly die geskiedenis sal ons generasie uitwys as leiers wat ’n beslissende stap geneem het vir generasies van raadslede wat vir byna 60 jaar te bang was om dit te doen,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar