19 leerlinge deel van nuwe Covid-19-gevalle
Negentien leerlinge van die sekondêre skool Ella du Plessis is onder die 43 nuwe gevalle wat gister aangemeld is. Dit is 'n positiwiteitskoers van 4,2% en sluit ook twee onderwysers en een student in. Die aktiewe gevalle staan tans op 291 waarvan 12 in die hospitaal is. Geen van die gevalle is in die ICU nie. Tot op hede het 466 081 mense 'n eerste dosis entstof ontvang, terwyl 398 710 ten volle ingeënt is. Die totale getal sterftes bly op 4 021, terwyl die herstelkoers op 98,6% staan.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie