DISAPPOINTED: Rundu Rural constituency councillor Paulus Mbangu.
PHOTO: KENYA KAMBOWE
DISAPPOINTED: Rundu Rural constituency councillor Paulus Mbangu. PHOTO: KENYA KAMBOWE

25 000 inwoners, een kliniek

‘Ons helde en heldinne sal hul koppe skud’
Die Rundu landelike kiesafdeling het net een kliniek. 'n Raadslid beweer die twee Kavangostreke ontvang kleiner begrotings in vergelyking met ander streke.
Kenya Kambowe
’n Raadslid vir die Rundu landelike kiesafdeling, mnr. Paulus Mbangu, sê die helde en heldinne wat hul lewens vir onafhanklikheid opgeoffer het, sou ontsteld wees om te hoor daar is net een kliniek in sy kiesafdeling met meer as 25 000 inwoners.

Mbangu het dié opmerking verlede naweek tydens ’n laat Onafhanklikheidsviering by die informele nedersetting Ngcangcana gemaak.

Hy meen die regering verwaarloos die mense in die Kavangostreke reeds vandat die land onafhanklik geword het.

Volgens Mbangu is die Kayengona-kliniek die enigste gesondheidsfasiliteit in die Rundu-kiesafdeling.

“Ons helde en heldinne sal heel waarskynlik kwaad word indien hulle sou hulle lees van die statistiek van werkloosheid onder die jeug en die armoedesyfer in die land.

“Hulle sal heel waarskynlik ontsteld wees om te hoor dat ons regering nie daarin geslaag het om ná onafhanklikwording ’n nuwe hospitaal of ’n distrikshospitaal in beide Kavango-Oos óf -Wes te bou nie.

“Wat sou hul reaksie wees om te hoor dat daar net een kliniek in die hele Rundu landelike kiesafdeling is en geen gesondheidsentrum of ’n distrikshospitaal nie?” het Mbangu opgemerk.

Hy het gesê inwoners moet staatmaak op die Rundu-staatshospitaal of verskeie klinieke in Rundu, die Shambyu-, of die Ncaute-kliniek wat in ander kiesafdelings is.

Volgens Mbangu word jong meisies en vroue gedwing om duur voorbehoedmiddels by apteke te koop.

“Ons helde en heldinne sal nie bly wees om te hoor daar is geen voorbehoedmiddels in ons hospitale nie en dat ons arme meisies aangeraai word om voorbehoedmiddels by die apteke te gaan koop. Hulle sal hul koppe in ongeloof skud omdat daar so ’n ernstige tekort aan medisyne in ons hospitale is.”

HULPBRONNE

Mbangu het ook gesê die Kavangostreke ontvang kleiner begrotings in vergelyking met ander streke.

Hy meen ten spyte daarvan dat die Kavango-Oos en -Wes die armste streke is, ontvang die streek die kleinste begroting.

“Ons helde en heldinne sal kwaad wees om te hoor dat ten spyte van die feit dat ons talle pasiënte in die Kavango-Oos het wat rolstoele benodig, het Rundu ’n begroting van nul dollar vir rolstoele gekry, terwyl die Oshakati-hospitaal N$300 000 ontvang het, Onandjokwe N$50 000, Katutura N$878 596 en die Sentrale Hospitaal N$2,2 miljoen.

“Hulle sal hul koppe in ongeloof skud om te verneem dat die onregverdige verdeling van hulpbronne ’n algemene praktyk in ons onafhanklike Namibië geword het en dat die regering nie statistieke in die begroting in ag neem nie.

“Altesaam N$4 000 000 is aan Windhoek Sentraal toegeken vir ortopediese tegniese dienste, N$600 000 aan die Oshakati-hospitaal , N$50 000 aan Onandjokwe en weer eens is nie ’n sent vir Rundu-hospitaal begroot nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer