65% van MIV-gevalle is vroue, meisies

Rita Kakelo
Sowat 65% van mense wat met MIV in Namibië leef, is vroue en meisies.

Volgens ’n onlangse verslag is daar altesaam 228 538 Namibiërs wat met MIV saamleef. Sowat 148 911 daarvan is vroue en 79 627 is mans en dit sluit alle ouderdomsgroepe in.

Dit is volgens vanjaar se Namibia HIV Spectrum Estimates-verslag wat deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste in samewerking met die Verenigde Nasies (VN) se Gesamentlike MIV/vigs-program (Unaids) saamgestel en gepubliseer word.

Die verslag dui aan dat MIV-gevalle onder vroue tussen die ouderdomme van 15 en 49 op 12,7% staan, vergeleke met 6,6% onder mans in dieselfde ouderdomsgroep. Die totale voorkomssyfer is ongeveer 9,7%.

“Die voorkoms van MIV bly hoog, veral onder vroue," het ’n onlangse verklaring van die gesondheidsministerie gesê.

Die data toon egter dat die aantal nuwe gevalle van MIV, oor die algemeen besig is om af te neem.



STADIG BESIG OM TE DAAL

Vanjaar se verslag is gebaseer op 2023 se data en dit toon ’n totaal van ongeveer 3 659 MIV-verwante sterfgevalle oor alle ouderdomsgroepe oor die afgelope jaar. Dit sluit sowat 2 116 vroue en 1 543 mans in.

“Die aantal vigsverwante sterftes daal, maar nie vinnig genoeg nie.

“Ons het ’n groot aantal sterftes onder mense wat met MIV saamleef opgemerk as gevolg van infeksies wat met tuberkulose gepaardgaan,” het die ministerie in sy verklaring gesê.

Vir alle ouderdomsgroepe staan ??Namibië se glyskaal vir MIV-toetse en -behandeling tans op 93-95-98.

Dit beteken dat 93% van individue wat MIV-positief is hul status ken, 95% van dié individue antiretrovirale behandeling ontvang en in 98% van diegene wat behandeling ontvang, die virus onderdruk is.



UITDAGINGS

Een van die uitdagings wat die ministerie egter uitgewys het, is die feit dat slegs 93% van mense wat met MIV leef, hul MIV-positiewe status ken.

Vir kinders tussen die ouderdomme van 0 tot 14 jaar, volgens die 2023 MIV-skattings, staan die glyskaal vir MIV-toetse en -behandelings op 76-100-90. Dit beteken dat Namibië nie so goed vaar in die identifisering van MIV-gevalle onder kinders (76%). Wat virale onderdrukking onder kinders betref, staan ??dit op 90%.

Data van 2022 dui daarop dat ’n totaal van 7 193 kinders van geboorte tot 14 jaar oud met MIV in Namibië saamleef. Nuwe gevalle beloop sowat 408, terwyl 293 MIV-verwante sterftes onder kinders verlede jaar aangeteken is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 24° Rundu: 19° | 20° Eenhana: 16° | 19° Oshakati: 17° | 21° Ruacana: 15° | 19° Tsumeb: 19° | 25° Otjiwarongo: 18° | 28° Omaruru: 18° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 32° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 18° | 19° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 23° | 33° Mariental: 25° | 33° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 16° | 24° Ariamsvlei: 25° | 40° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 16° | 23° Mbabane: 17° | 24° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 18° | 23° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 32° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 15° | 30° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 21° Harare: 16° | 25° Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 84733.17 Up +0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1832.75 Down -0.12% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 15969.02 Down -0.33% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29619.39 Down -0.37% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10062.3 Up +0.01% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 729.28/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.28/lb DOWN -0.0053 | Zinc US$ 2 946.00/T DOWN -0.62% | Brent Crude Oil US$ 79.00/BBP DOWN -0.0119 | Platinum US$ 946.07/OZ DOWN -0.007 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 24° Rundu: 19° | 20° Eenhana: 16° | 19° Oshakati: 17° | 21° Ruacana: 15° | 19° Tsumeb: 19° | 25° Otjiwarongo: 18° | 28° Omaruru: 18° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 32° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 18° | 19° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 23° | 33° Mariental: 25° | 33° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 16° | 24° Ariamsvlei: 25° | 40° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 16° | 23° Mbabane: 17° | 24° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 18° | 23° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 32° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 15° | 30° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 21° Harare: 16° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 84733.17 Up +0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1832.75 Down -0.12% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 15969.02 Down -0.33% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29619.39 Down -0.37% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10062.3 Up +0.01% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 729.28/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.28/lb DOWN -0.0053 | Zinc US$ 2 946.00/T DOWN -0.62% | Brent Crude Oil US$ 79.00/BBP DOWN -0.0119 | Platinum US$ 946.07/OZ DOWN -0.007