WORRIED: Deputy health minister Utjiua Muinjangue is alarmed about the high rate of suicides in Namibia.  PHOTO: FILE
WORRIED: Deputy health minister Utjiua Muinjangue is alarmed about the high rate of suicides in Namibia. PHOTO: FILE

790 neem binne 19 maande hul lewe

Jong vroue kwesbaar vir selfdoodpogings
Yandi Du Plessis
Jemima Beukes – Tussen Januarie 2021 en Julie vanjaar het 790 mense in Namibië selfdood gepleeg.

Uit dié getal is 649 mans, 102 volwasse vroue, en die oorblywende 39 jonger as 18 jaar.

Dit volgens die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, me. Esther Muinjangue, wat die amptelike verrigtinge van Wêrelddag vir Selfdoodvoorkoming en Geestesgesondheid waargeneem het. Dié dag is verlede week op Outapi in die Omusatistreek herdenk.

Die adjunkminister het gesê selfdoodpogings uit dié spesifieke streek vir die tydperk vanaf Maart 2021 tot April 2022 is altesaam 179; almal jong vroue.

In 2020 is 138 selfdoodpogings in die streek aangemeld.

“Dit is kommerwekkende getalle, en ek wil almal vandag aanmoedig om daardie hoop te wees in die kringe waarin ons beweeg, en onsself, familielede, vriende en kollegas aan te moedig om professionele hulp te soek. Ek glo wanneer ons as gemeenskap saamstaan om daardie hoop te skep, kan ons beslis selfdood voorkom.

“Mense moenie skaam wees om te praat oor hoe hulle voel nie,” het sy gesê.

Volgens haar is dit ’n dringende prioriteit vir die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste om die 2022-’27-nasionale strategiese plan oor selfdoodvoorkoming en -behandeling voor die einde van die huidige boekjaar te finaliseer en met die implementering daarvan te begin.

Sy het voorts gesê die implementering van die strategiese stappe word gedefinieer deur spesifieke strategiese areas, naamlik: voorkoming, behandeling, wetlike raamwerk, talentbestuur, asook monitering en evaluering.

“Selfdoodvoorkoming en die bevordering van geestesgesondheid onder adolessente en jongmense is noodsaaklik gegewe die beperkte geestesgesondheidsdienste wat vir hierdie ouderdomsgroep beskikbaar is. Boonop voorkom vroeë opsporing en intervensie geestesgesondheidstoestande wat tot in volwassenheid oorgedra kan word, wat jongmense se kanse om vol lewens as volwassenes te lei, verhoog,” het Muinjangue gesê.

As jy hopeloos voel, kontak Lifeline/ChildLine se tolvrye nommers 116 en 106, waar iemand te alle tye beskikbaar is om te help.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 25° Rundu: 20° | 28° Eenhana: 22° | 30° Oshakati: 22° | 27° Ruacana: 18° | 30° Tsumeb: 20° | 24° Otjiwarongo: 17° | 27° Omaruru: 19° | 30° Windhoek: 18° | 29° Gobabis: 19° | 29° Henties Bay: 17° | 18° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 21° Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 16° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 27° Lubumbashi: 16° | 18° Mbabane: 19° | 21° Maseru: 17° | 26° Antananarivo: 15° | 31° Lilongwe: 18° | 20° Maputo: 24° | 32° Windhoek: 18° | 29° Cape Town: 17° | 21° Durban: 21° | 22° Johannesburg: 17° | 20° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 19° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!