A-pokke: Geen rede tot kommer, sê Shangula
Skanderings by grensposte
Dit is by alle grensposte oraloor in die land verpligtend vir onmiddellike optrede sou die behoefte hiervoor ontstaan.
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê die ministerie se besluit om besoekers vir simptome van a-pokke by grensposte te skandeer, is ’n voorsorgmaatreël om vinnig op enige moontlike gevalle te kan reageer.
Tot op hede is nog geen gevalle in Namibië aangeteken nie. Hy het gereageer op vrae deur Network Media Hub (NMH) oor skanderings by die Noordoewer-grenspos en of dit ’n standaardprosedure is.
Reisigers wat by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako aankom, kry ook op die vlug ’n vorm oor moontlike simptome wat ingevul en by paspoortbeheer ingegee moet word.
Shangula sê “ons handhaaf die vlak van bewustheid in die monitor van mense wat die land binnekom”.
Volgens hom is dit by alle grensposte oraloor in die land verpligtend vir onmiddellike optrede sou die behoefte hiervoor ontstaan. Hoewel a-pokke reeds vir meer as drie dekades endemies in sommige lande is, het Shangula beklemtoon dat Namibië nog nooit ’n geval van dié siekte aangeteken het nie. Vanjaar het gevalle van a-pokke egter drasties in die Demokratiese Republiek die Kongo gestyg en na nuwe lande versprei.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) het gevolglik dit as ’n openbare gesondheidsnood van internasionale kommer verklaar. Die stap het gevolg nadat die Afrika-sentrums vir siektebeheer en -voorkoming dit as ’n openbare gesondheidsnoodgeval vir kontinentale veiligheid verklaar het.
“Die ministerie is bewus van die potensiaal van die invoer van a-pokke in die land. As voorsorgmaatreël is die nasionale noodvoorbereidings- en reaksiekomitee geaktiveer om maatreëls in plek te stel om a-pokke op te spoor en daarop te reageer,” het Shangula gesê.
Volgens hom sal die ministerie en die land nie wag vir enige eksterne liggaam om aan hulle te sê wat om te doen nie.
“Ons het geen ongewone stappe in dié verband geneem nie. Daar is geen rede vir die publiek om bekommerd te wees nie. Enige nuwe ontwikkeling sal betyds aan die publiek deurgegee word,” het hy beklemtoon.
Die inkubasietydperk vanaf blootstelling aan die virus tot die aanvang van simptome is tipies ses tot 13 dae, maar kan van vyf tot 21 dae wissel.
Simptome sluit in koors, intense hoofpyn, geswelde limfkliere, spierpyn en ’n uitslag wat enkele ná die aanvang van simptome verskyn en mettertyd blase en rowe vorm. Die uitslag is gewoonlik op die gesig, handpalms of voetsole. Die mond, geslagsorgane en oë kan ook geraak word. Die simptome en uitslag duur twee tot vier weke waartydens die persoon die virus aan ’n volgende persoon kan oordra.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie