Amerika skenk spesiale voeding

Henriette Lamprecht
Die Amerikaanse regering het meer as 14 metrieke ton Kits Terapeutiese Voeding (RUTF) aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste geskenk om lewensreddende ondersteuning aan ten minste 'n 1 000 kinders te verskaf wat aan ernstige wanvoedig lei. RUTF is 'n gespesialiseerde voedselproduk wat ontwerp is om al die voedingstowwe te verskaf wat 'n persoon wat erg ondervoed is, nodig het om te herstel.

Die skenking vorm deel van 'n ooreenkoms tussen die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling (USAID) en Chevron wat hom daartoe verbind het om N$5,7 miljoen te verskaf om toegangsprojekte tot water te ondersteun, asook N$1 miljoen vir nooddroogtehulp vir kwesbares in Namibië.

Die inisiatief kom in die lig van die voortgesette droogtetoestand in Suidelike-Afrika en ingesluit Namibië. Volgens die ministerie van landbou, water en grondhervorming is die stand van die sentrale damme uiters laag en staan die Nasionale Strategiese Voedselreserwes op sowat 16% van die totale kapasiteit. Die land staar toenemend 'n ernstige voedselkrisis in die gesig, met elke vyfde Namibiër wat geklassifiseer word dat hulle voedseltekorte ervaar.

"Hierdie is nie net syfers nie, dit is skokkende statistieke wat ons dringende aandag vereis," het die Amerikaanse ambassadeur Randy Berry gesê. Volgens hom vererger die uitwerking van klimaatsverandering soos gereelde droogtes en onvoorspelbare reënvalpatrone die uitdagings.

"Ons moet nou optree, beide in die langtermyn met die bestuur van klimaatsverandering en maatreëls om hierby aan te pas en onmiddellik verligting bring vir dié wat in dringende nood verkeer en veral kwesbare bevolkings wat aan wanvoeding lei," het hy gesê. Die noodverligtingsakkies sal deur die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) versprei word. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!