Appelprojek oortref verwagtinge
“Die toekoms met Bank Windhoek is belowend; ons leer nog elke jaar. Ek dink die toevoeging van appelsap is ’n skitterende en praktiese idee. Dit help ons om mense in afgeleë gebiede te bereik, wat ons nie voorheen kon bereik nie omdat dit soms te warm was of die appels gekneus daar sou aankom. Ek sien uit om die groei van die appelsap te sien.”
So het die Kankervereniging van Namibië (CAN) se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, oor die pas afgelope Bank Windhoek Kankerappelprojek gesê.
Bank Windhoek het verlede Donderdag N$2 miljoen, wat tydens die projek ingesamel is, aan CAN oorhandig. Dit bring die totale skenkings van dié projek aan CAN op N$35,9 miljoen te staan.
“Ons grootste uitdaging bly steeds die koste van die appels teenoor die N$5 wat ons daarvoor vra. Elke jaar raak die appels duurder weens verskeie faktore soos vervoer en brandstofkostes, maar as ons dit duurder maak is dit nie meer toeganklik nie,” sê hy.
Vyftig persent van Bank Windhoek se skenking sal vir CAN se inisiatief vir palliatiewe sorg in Namibië aangewend word.
“Die appelverkope vanjaar het ons verwagtinge oortref. Ons verkope het met 18% gestyg vergeleke met verlede jaar. Ons sapverkope was ook 52% hoër as verlede jaar s’n. Net so is die skenkings in die vorm van elektroniese appelaankope op ons eApple-webwerf 103% hoër as verlede jaar,” het Bank Windhoek se uitvoerende beampte vir bemarking en korporatiewe kommunikasie, Jacquiline Pack, gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie