Arbeidsterapeute begin met internskappe
Ministerie het genoeg opleiers, kapasiteit
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste bied vanjaar vir die eerste keer 'n internskapprogram vir arbeidsterapeute aan.
Nege arbeidsterapeute het op 1 Julie vir die eerste keer by ’n staatshospitaal ingeval om hul vereiste internskappe te voltooi.
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê die ministerie beskik oor voldoende kapasiteit en opleiers om die program vir die eerste keer by staatsgeriewe in die land aan te bied.
Altesaam 12 leerling-arbeidsterapeute kan by die Windhoekse hospitaalkompleks vir internskappe geakkommodeer word, terwyl nege volgens Shangula tans hier met die opleidingsprogram besig is.
Die minister het in die Nasionale Vergadering (NV) gesê sy ministerie doen hul bes om te verseker Namibiese gegradueerdes in mediese velde wat plaaslik of in die buiteland kwalifiseer, word in pas met die akkreditasiestasie van gesondheidsgeriewe met internskappe ondersteun.
Shangula het gereageer op vrae deur die PDM-parlementslid mnr. Nico Smit oor die stand van internskappe van arbeidsterapeute.
Nege arbeidsterapeute het hul studies aan die Universiteit van Namibië (Unam) se mediese skool voltooi, asook een aan die Universiteit van die Wes-Kaap. Die groep se aansoeke vir internskap is volgens die minister op 28 Januarie ontvang, en voor hul aanvanklike gradeplegtigheid in Mei. ’n Voorlegging vir klaring is op 17 Februarie deur die kabinet se sekretariaat ontvang. Klaring is in Februarie van die kantoor van die eerste minister vir die nege gegradueerdes in Februarie verleen.
Volgens Shangula is plasingsbriewe in Maart deur die ministerie voorberei wat na die HPCNA geneem moes word om die internskappe te registreer. Net sewe van die groep het egter geregistreer. Hy het erken die uitreik van registrasiesertifikate op die HPCNA se stelsel is ’n tydrowende proses.
“Met ontvangs van die afskrifte van die registrasiesertifikate van die raad, het die ministerie ’n voorlegging aan die Openbare Dienskommissie in Mei voorberei en wat op 30 Mei deur die sekretariaat se registrasiekantoor afgeteken is.”
Die voorlegging het gevra dat die opleidingsprogram in Junie moet begin. Die Openbare Dienskommissie het egter nog nie terugvoer gegee nie. Intussen het die laaste twee gradueerdes ook hul sertifikate van die ministerie ontvang.
Volgens Shangula het die ministerie nog nooit ’n internskapprogram vir leerling-arbeidsterapeute gehad nie en is dit die eerste keer wat die ministerie die program implementeer.
Hy het beklemtoon dat verskeie prosesse gevolg moet word, insluitend die evaluering van geriewe vir akkreditasie. In die verlede het geen geriewe in die ministerie die nodige akkreditasie gehad om leerlingskappe vir arbeidsterapeute aan te bied nie.
“Die proses het eers begin tot Unam aan boord gekom het met die aanbied van dié studierigting. Dit was ook die eerste groep wat die ministerie ontvang het om internskappe voor aan te bied.”
Gegradueerdes in die verwante mediese beroepe moet met voltooiing van hul studies ’n internskap vir ’n spesifieke tydperk voltooi op ’n opleidingsinstelling wat as sodaning deur die Raad vir Gesondheidsberoepe (HPCNA) erken word. Elk van die opleidingsgeriewe kry ’n kwota van die aantal gegradueerdes gebaseer op die kapasiteit van die geriewe en die aantal opleiers beskikbaar.
“Die aantal vakleerlinge word bepaal deur die aantal opleiers. As dit vier opleiers is en die koers van opleier tot leerling is vier, mag dit nie meer as 16 leerlinge wees nie,” het hy verduidelik.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie