Bankmed wil ontbind
Die mediese fonds Bankmed wil homself eerder laat ontbind as om lede se bydraes beduidend in die toekoms te verhoog en voordele te verminder.
Volgens die notule van die fonds se onlangse algemene jaarvergadering het die raad van trustees besluit om aan te beveel dat die fonds ontbind moet word om tussentydse en aansienlike verhogings van bydraes in die toekoms asook ’n afname in voordele te voorkom. Laasgenoemde is nodig om Bankmed weer op die pad van volhoubaarheid en die Namibiese toesighoudende owerheid vir finansiële instellings (Namfisa) se vereiste reserwevlak van 25% te plaas.
Die fonds se reserwevlak het sowat vier maande terug op 10% gestaan.
In ’n poging om die buitensporige eise te takel wat ’n beduidende bydrae tot sy huidige benarde situasie gemaak het, is maatreëls reeds in plek gestel. Dit sluit in voordele met verhoogde bybetalings, eise wat vir die res van die jaar pro rata uitbetaal word, sowel as bybetalings vir medikasie vir pensioenarisse. Dit sluit ook besparing op uitgawes in, sowel as die vermindering van voordele en die onderhandeling vir ’n verhoging met werknemersgroepe hoër as inflasiekoerse.
Volgens die mediese fonds se jaarverslag het “eise beduidend hoër as wat verwag is” tot ’n afname in die solvensiekoers van 24,3% teenoor die 36,9% van die vorige jaar gelei. Daar was ook ’n tekort van N$33,3 miljoen vir 2022 in vergelyking met die N$5,4 miljoen vir 2020 en N$26,1 miljoen vir 2021.
Bankmed kon egter met “voortgesette goeie bestuur” ’n bykomende inkomste van N$10,4 miljoen in 2021 uit beleggings invorder. Sedert 2017, toe Bankmed se solvensiekoers op 53% gestaan het, het dit jaarliks gedaal en was dit verlede jaar op 16%.
Beweringe dat ’n tender om lede van die mediese fonds oor te neem, uitgereik en glo ook reeds aan ’n ander mediese fonds toegeken is, kon nie bevestig word nie. Buiten die 10%-verhoging in maandelikse bydraes, was ’n moontlike oordrag van alle Bankmed-lede na een van die oop mediese fondse in Namibië nog ’n benadering om die situasie by die fonds te probeer beredder. Prognosys Actuaries and Consultants is ook aangestel om ’n onafhanklike evaluering van die volhoubaarheid van die fonds te doen en raad te gee oor die lewensvatbaarheid van die idee om lede na ’n ander mediese fonds oor te dra.
Vroeër is berig een van Namibië se grootste banke het na bewering aangedui hy aanvaar nie Bankmed se verhoging van maandelikse bydraes met 10% nie en wil glo eerder dan sy werknemers onttrek, sou ’n verhoging van 10% in maandelikse bydraes met ingang 1 Julie voortgaan.
FirstRand Namibia se hoofbemarkingsbeampte, Tracy Eagles, het toe by navraag gesê FNB Namibia, die land se grootste bank, is bewus van die situasie, interne konsultasies het reeds begin en ’n besluit sal geneem word oor wat die beste vir die bank se personeellede is.
In die notule gaan Bankmed steeds voort om lede te paai om nie paniekerig te raak nie en ook nie te probeer eis vir onnodige medikasie nie, want alle eise sal uitbetaal word.
Vrae wat reeds op 5 Julie aan Namfisa vir kommentaar gestuur is oor die moontlike vrywillige ontbinding van die fonds, het teen druktyd gister steeds onbeantwoord gebly. Dit sluit in of Bankmed die toesighoudende owerheid amptelik ingelig het oor sy besluit om die fonds vrywillig te laat likwideer, of ’n ondersoek reeds van stapel gestuur is om so ’n besluit te regverdig en of Namfisa bewus was van Bankmed se reserwevlak wat reeds in 2021 onder die vereiste vlak was en waarom daar nie toe reeds opgetree is nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie