FOTO ARGIEF
FOTO ARGIEF

Beenmurgregister op die horison

Doel om skenkerspoel te vergroot
Die aantal Namibiese skenkers is laag op die globale register, terwyl die getalle van Afrika-skenkers selfs nog laer is.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – ’n Namibiese been van die Wêreld-beenmurgregister gaan uiteindelik die lig sien.

Dié stap om meer broodnodige skenkers te kry om die poel te vergroot om lewens te red, is danksy die vennootskap tussen die Kankervereniging van Namibië (CAN) met nuwe sleutelrolspelers. Deel van die proses is ’n uitgebreide onderrigprogram, die registrasie van nuwe lede, asook die toetsing van dié moontlike skenkers.

Volgens CAN se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, is daar min Namibiërs op die globale beenmurgregister en is die aantal Afrika-skenkers selfs nog minder.

“Om die lewens van ons mense te red, moet ons ons voornemende skenkerspoel versterk,” sê Hansen.

Beenmurgoorplantings is veral belangrik om bloedkanker en gepaardgaande murgsiektes te behandel. Die prosedure is sedert 1968 suksesvol gebruik om siektes soos leukemie, limfoom, aplastiese anemie, immuungebrekafwykings en sommige soliede tumorkankers te behandel.

Tans is daar geen beenmurgregister in Namibië en die meerderheid van Afrika nie, met buurland Suid-Afrika wat die hoofsentrum is. Daar is egter wel reeds ’n paar Namibiërs wat op die huidige Suid-Afrikaanse Beenmurgregister (SABMR) is.

Danksy die nuwe vennootskap sal Namibië saamwerk met bestaande registers om ’n Namibiese tak in die globale register op die been te bring. Dit sal ook dien as ’n vennoot om te help om soortgelyke programme in Botswana en Angola in die toekoms te begin.

“Hoe meer beenmurgskenkers ons geregistreer het, hoe meer lewens kan ons in Afrika en selfs die wêreld red,” het Hansen gesê.

Die hoop is dat die nuwe program vroeg in April van stapel gestuur word, met die eerste uitreike vir skenkers wat in Windhoek, Swakopmund en Walvisbaai gehou sal word.

Nuwe potensiële skenkers sal gratis getoets en geregistreer word die oomblik wat die siftingsproses vir geskiktheid voltooi is. Persone ouer as 16 en wat graag as moontlike skenkers wil registreer, kan ’n e-pos aan [email protected] stuur. CAN se mediese departement sal dan alle verdere reëlings hanteer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!