Bemarking van formulemelk is uitbuiting, sê verslag
In stryd met internasionale standaarde
Gesondheidswerkers word genader om ouers se besluite oor babavoeding te beïnvloed.
Verskeie aggressiewe bemarkingsveldtogte in die formulemelkbedryf is in stryd met internasionale standaarde vir babavoedingspraktyke.
’n Verslag deur Unicef en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) getiteld “Hoe bemarking van formulemelk ons besluite oor babavoeding beïnvloed” ontbloot sistematiese en onetiese bemarkingstrategieë wat deur die bedryf gebruik word om ouers se besluite oor babavoeding te beïnvloed. Die bedryf is US$55 miljard werd.
Bemarkingstrategieë sluit in ongereguleerde en indringende aanlyn teikens, geborgde adviesnetwerke en hulplyne, promosies en gratis geskenke en praktyke om voorstelle van gesondheidswerkers te beïnvloed.
Boodskappe wat ouers en gesondheidswerkers kry, is dikwels misleidend en sonder enige wetenskaplike basis en oortree die internasionale kode vir die bemarking van die vervanging van borsmelk. Laasgenoemde is ’n baanbrekers openbare gesondheidsooreenkoms wat in 1981 deur die Wêreldgesondheidsvergadering aanvaar is om ma’s teen aggressiewe bemarkingspraktyke deur die babakosbedryf te beskerm.
“Die verslag wys duidelik dat die bemarking van formulemelk onaanvaarbaar, deurdringend, misleidend en aggressief is,” sê dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, die WHO se direkteur-generaal.
“Regulasies teen uitbuitende bemarking moet dringend aanvaar en toegepas word om kinders se gesondheid te beskerm,” het hy gemaan.
Sowat 8 500 ouers en swanger vroue en 300 gesondheidswerkers in stede in Bangladesh, China, Mexiko, Morokko, Nigerië, Suid-Afrika, die Verenigde Koninkryk en Viëtnam het aan die opname deelgeneem.
Blootstelling aan die bemarking van formulemelk bereik 84% van alle vroue wat deel van die opname in die Verenigde Koninkryk was; 92% van vroue in Viëtnam en 97% van vroue in China. Dit verhoog die kanse dat hulle formulemelk eerder as borsmelk sal verkies.
“Vals en misleidende boodskappe oor formulevoeding is ’n beduidende struikelblok tot borsvoeding wat ons weet is die beste vir babas en ma’s,” sê Unicef se uitvoerende direkteur, me. Catherine Russell.
“Ons het robuuste beleidsrigtings, wetgewing en beleggings in borsvoeding nodig om te verseker vroue is beskerm teen onetiese bemarkingspraktyke en het toegang tot die inligting en ondersteuning wat hulle nodig het om hul gesinne groot te maak,” het sy beklemtoon.
In al die lande wat aan die opname deelgeneem het, het vroue ’n sterk behoefte uitgespreek om net te borsvoed. Dit het gewissel van 49% van vroue in Morokko tot 98% in Bangladesh. Tog versterk ’n volgehoue vloei van misleidende bemarkingsboodskappe mites oor borsvoeding en borsmelk en ondermyn só vroue se vertroue in hul vermoë om suksesvol te borsvoed.
Dit sonder die mites uit van die noodsaaklikheid van formulemelk in die eerste dae ná geboorte, dat borsmelk onvoldoende is vir babavoeding, dat spesifieke bestanddele bewys is om kinderontwikkeling en/of immuniteit te verhoog, die wanopvatting dat formulemelk babas vir langer versadig hou en die kwaliteit van borsmelk mettertyd afneem.
Die verslag beklemtoon borsvoeding binne die eerste uur van geboorte, gevolg deur eksklusiewe borsvoeding vir ses maande en/of voortgeset tot twee jaar en ouer, bied ’n kragtige weerstand teen alle vorme van wanvoeding onder kinders, insluitend vetsug in.
“Borsvoeding dien as ’n baba se eerste entstof en beskerm hulle teen verskeie algemene kindersiektes. Dit verlaag ook ’n vrou se toekomstige risiko vir diabetes, vetsug en sommige vorms van kanker,” lui die verslag.
Ten spyte hiervan word net 44% van babas jonger as ses maande eksklusief geborsvoed. Globale borsvoedingskoerse het weinig die afgelope twee dekades toegeneem, terwyl die verkope van formulemelk in dieselfde tyd meer as verdubbel het.
Volgens die verslag is dit kommerwekkend dat groot getalle gesondheidswerkers in al die lande deur maatskappye in die bedryf vir babavoeding genader is om hul voorstelle oor voeding aan ma’s te beïnvloed deur promosiegeskenke, gratis monsters, finansiering vir navorsing, betaalde vergaderings, geleenthede en konferensies en selfs kommissie vir verkope wat alles ’n invloed het op ouers se voedingskeuses.
Meer as ’n derde van vroue wat deel van die opname was, het erken ’n gesondheidswerker het ’n spesifieke formulemelk aan hulle voorgestel.
Deel van die pogings om dit hok te slaan, sluit in die monitering en implementering van wette wat die bemarking van formulemelk in pas met die Internasionale Kode voorkom. Dit sluit in ’n verbod op die voedings- en gesondheidsaansprake wat deur die bedryf gemaak word. Gesondheidswerkers moet ook verbied word om borgskappe van maatskappye te aanvaar wat voeding vir babas bemark vir toekennings, geleenthede en beurse. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie