Bestuur van borskanker bepleit
Die Kankervereniging van Namibië (CAN) het ’n formele aansoek by die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ingedien vir die vestiging van ’n nasionale borsversorgingsprogram, sowel as die ontwikkeling van ’n nasionale beleid vir die bestuur van borskanker in Namibië.
“Die basiese dokument kom al ’n baie lang pad met openbare onderhoude, navorsing, terugvoer van pasiënt, insameling van data en insae van rolspelers. Die finale stukkie van die legkaart was ’n Bors-indaba wat CAN in Oktober in vennootskap met Roche Pharmaceuticals aangebied het,” sê die vereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen.
Die formele versoek sluit in huidige uitdagings, geleenthede en ’n beloofde vennootskappe om die huidige stand van borskanker in Namibië te herevalueer.
“Ons het ’n moontlike witskrif, ’n weg vir pasiënte en ’n gekoördineerde samewerkingsplan wat die gesondheidstelsels wat reeds in plek is, te verbeter. Ons kan nie sê ‘dit werk nie’, maar bied geen oplossings en hulp nie,” het Hansen gesê.
“Dit is ons kollektiewe verantwoordelikheid om te verseker elke Namibiese vrou het toegang om getoets te word, vroeë diagnose, behandeling en veral ondersteuning tydens en ná behandeling.”
Namibië is tans aan die bokant van die leer vir borskankers onder sy bevolking per 100 000 inwoners in Afrika.
CAN en plaaslike mediese beamptes van die ministerie van gesondheid het sedert Januarie vanjaar borsklinieke gevestig om die huidige uitdagings te takel weens laat diagnose wat lei tot uiters hoë getalle van gevorderde borskanker en metastatiese borskanker in die land.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie