Beter MIV-behandeling vir oorgrenspasiënte

Wêreldvigsdag gister herdenk
Diegene wat langs die Namibië-Angola-grens woon, het in die verlede uitdagings ervaar met die verkryging van dienste wat deur die Namibiese gesondheidsorggeriewe aan hulle beskikbaar gestel is, veral toe die grens tydens die Covid-inperking gesluit was.
Yandi Du Plessis
Tuyeimo Haidula op Oshikango – Die dag voor die Namibiese herdenking van Wêreldvigsdag gister het die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, Kalumbi Shangula, voorafvervaardigde strukture by Oshikango in die Ohangwenastreek oorhandig.

Dié strukture sal dien as sentrums vir die voorsiening van MIV-gesondheidsorgdienste en behandeling aan oorgrenspasiënte.

Diegene wat langs die Namibië-Angola-grens woon, het in die verlede uitdagings ervaar met die verkryging van dienste wat deur die Namibiese gesondheidsorggeriewe aan hulle beskikbaar gestel is, veral toe die grens tydens die Covid-inperking gesluit is.

Om hierdie uitdagings te versag, het die Global Fund en Amerikaanse sentrums vir siektebeheer (CDC) die oprigting van sewe voorafvervaardigde strukture vir omvattende gemeenskapsgebaseerde gesondheidsorgdienste – vier in Ohangwena en drie in die Omusatistreek – gefinansier.

Shangula het tydens die oorhandigingsgeleentheid gesê Namibië het en verskaf steeds gesondheidsorgdienste en behandeling aan oorgrenspasiënte, insluitend diegene wat langs die grens in die Ohangwena-, Omusati-, Oshana-, Kavango-Wes-, Kavango-Oos- en Zambezistreek woon.

Hy het gesê gedurende die tweede kwartaal van 2022-’23 het altesaam 913 oorgrenspasiënte gesondheidsorgdienste by grenspunte in die Ohangwenastreek ontvang.

“Hierdie inisiatief vorm ook deel van die versterking van gemeenskapsbetrokkenheid om beter toegang tot gesondheidsorgdienste te verseker,” het hy gesê.

Die geriewe is by die Olupale-, Oshikango-, Onghala- en Onhunda-grenspunte in dié streek opgerig.

Die minister het gesê hoewel Namibië vordering gemaak het in die stryd teen MIV, is daar steeds baie mense wat die risiko loop om geïnfekteer te word of te versuim om behandeling te ontvang. Shangula het gesê die MIV-epidemie kan slegs oorwin word wanneer die globale teikens van 95-95-95 bereik kan word. Namibië staan tans op 92-98-93.

Dit beteken om epidemiebeheer te bereik, moet 95% van alle persone wat MIV-positief is, van hul status bewus wees; uit diegene wat positief is, moet 95% behandeling ontvang; en 95% van diegene wat behandeling ontvang, se MIV moet viraal onderdruk wees.

“Om daardie vlakke van virale onderdrukking te bereik, moet die mense egter hul medikasie gereeld neem,” het hy beklemtoon.

In ’n toespraak wat namens hom voorgelees is, het Ohangwena se gesondheidsdirekteur, John Hango, gesê daar is meer as 26 000 mense in die streek wat aktief antiretrovirale behandeling (ART) ontvang.

Hango het gesê omdat hulle in wese ’n landelike streek is met baie onvoldoende padinfrastruktuur en openbare vervoerdienste, verstaan hulle om doeltreffende MIV-dienste te lewer, moet dit deur gemeenskapsgebaseerde dienste gedoen word.

Die CDC-direkteur in Namibië, Brian Baker, het gesê hulle het met die ministerie van gesondheid hande gevat om dié diens na die mense te neem.

Baker het gesê die geriewe is opgerig aan die spits van die Covid-tyd – toe die grense toe was en mense wat toegang tot dié gesondheidsorgdienste nodig gehad het, nie meer hulle gewone gesondheidsorgsentrums kon besoek nie.

“Die opening van hierdie geriewe is ’n geleentheid wat gevier moet word, maar dien ook as ’n herinnering aan dít wat ons almal moes deurmaak en die lewens wat die afgelope twee jaar weens Covid-19 verloor is,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!