Pret en plesier by ’n vorige bewusmakingsdag. Foto DSAN
Pret en plesier by ’n vorige bewusmakingsdag. Foto DSAN

Bewusmakingsdag vir DS dié naweek

Tanja Bause
Môre belowe om ’n dag vol pret en plesier te wees wanneer die Down Syndrome Association of Namibia (DSAN) hul jaarlikse pret- en bewusmakingsdag hou.

Dié dag wat vanjaar vir die vyfde keer aangebied word, sal môre by die St George’s Diocesan School vanaf 09:00 tot 12:00 plaasvind.

Volgens me. Martha Amanyanga van DSAN verwag hulle 200 mense wat aan die verskillende aktiwiteite gaan deelneem.

“Daar sal springkastele, ’n eierresies, sokker en ’n modelvertoning wees. Ons sal verversings verkoop, maar moedig mense aan om hul eie piekniekmandjies saam te bring. Almal is welkom om die dag saam met ons te kom geniet.”

DSAN glo met die regte ondersteuning kan mense met downsindroom (DS) ’n gesonde, aktiewe en gelukkige lewe lei.

“Verskillende diensverskaffers sal beskikbaar wees om mense met downsindroom te ondersteun en te help om hulle tot die beste van hul vermoë te ontwikkel. Die doel is om ouers en versorgers in te lig en om bewusmaking te skep.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!