Foto ter illustrasie/Iréne-Mari van der Walt
Foto ter illustrasie/Iréne-Mari van der Walt

Bloedreserwes in die rooi

Verkoue, griep kniehalter skenkings
Met die kouer maande van die jaar om die draai, bemerk die Namibiese Bloedoortappingsdiens 'n afname in skenkings.
Iréne-Mari van der Walt
Die Namibiese Bloedoortappingsdiens (NamBTS) se woordvoerder, Titus Shivute, het opgemerk dat ’n afname in bloedskenkings landswyd ondervind word wat deels aan die verskeie openbare vakansiedae toegeskryf kan word.

Shivute het verduidelik dat verskeie skenkers tans ook nie geskik mag wees om bloed te skenk nie weens seisoenale verkoue en griep.

Hy het dus ’n beroep gedoen op persone wat wel geskik is om bloed te skenk om by hul naaste NamBTS-stasie bloed te skenk.

NamBTS sal vandag en môre ’n bloedskenkveldtog in verskeie dele van die land aanbied.

Onder meer sal Windhoek, Swakopmund, Mariental en Oshakati hierdie naweek aan skenkers die geleentheid bied om sonder verwyl gehelp te word.

Diegene wat van voorneme is om bloed te skenk, kan by die volgende plekke aanmeld:

VRYDAG, 13 Mei:

Windhoek – NamBTS-sentrum, Talstraat.

Windhoek – Channel Life Centre.

Windhoek – Windhoek Afrikaanse Privaatskool (Eros).

Mariental – Anandi Gastehuis.

Mariental – Toyota se uitstalruimte.

Ongwediva – Oshana inkoopsentrum.

Walvisbaai – agter Welwitschia Medi-park.

SATERDAG, 14 Mei:

Windhoek – NamBTS sentrum, Talstraat.

Oshakati – NamBTS sentrum, Oshakati-hospitaal.

Swakopmund – Universal Kerk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!