Foto ter illustrasie/Pexels,Aanna Shvets
Foto ter illustrasie/Pexels,Aanna Shvets

Borskanker raak al hoe meer jonger mense

Stigma steeds ’n kopseer
CAN se uitvoerende hoof sê menslike papiloomvirus – veral onder jongmense – is 'n rede tot kommer.
Iréne-Mari van der Walt
Borskankerdiagnoses kom al hoe meer onder mense in hul vroeë twintigerjare voor. Dit volgens die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië (CAN), Rolf Hansen.

Sr. Aina Nghitongo, CAN se hoof van mediese dienste, meen sekere stigmas oor kanker vir jongmense kan ’n negatiewe impak hê.

“Die aantal jongmense wat met kanker gediagnoseer word, veral dié in hul twintigerjare, neem toe. Dit is nie net oumense wat kanker kry nie,” sê sy.

Hansen sê ouers dra té gereeld die blaam vir ’n minderjarige se kankerdiagnose.

“Ons moet nooit die volwassenes kwalik neem vir hul kind se kankerdiagnose nie. Kanker is maar net een van daardie siektes – jy het nie daarvoor gevra nie en jy het niks verkeerd gedoen nie” sê hy.

Nghitongo het beaam: “Daar is geen punt vir ouers om hulself te blameer nie.”

Sy sê ook ouers moet hul kind(ers) se gesondheid dophou vir tekens en simptome van kanker.

“Ons moet ons jeug en hulle versorgers inlig oor die tekens van die verskillende tipes kankers om die tekens te herken,” het Nghitongo gesê.

Sy meen dit is meer waarskynlik vir diegene wat as kind ’n kankerstryd oorwin het, om weer in hul tienerjare ’n soortgelyke diagnose te ontvang.

“Die kanse is hoog, veral die behandeling wat die persoon as kind ontvang het, kan hul kanse selfs vergroot. . . dis egter nie ’n uitgemaakte saak dat iemand wat as kind kanker gehad het dit weer later in hul lewe sal kry nie,” sê Nghitongo.

“Wanneer jongmense, veral tieners, weer deur kanker moet gaan, kan hulle depressief raak. Daar is baie emosies betrokke. . .” sê Hansen.

REIK UIT

Beide meen dit is belangrik vir jongmense om ingelig te wees oor hul eie gesondheid.

Hansen sê menslike papiloomvirus (HPV) – veral onder jongmense – is ’n rede tot kommer. Dit is ’n seksueel oordraagbare virale infeksie wat as die hoofoorsaak van servikale kanker erken word.

“HPV is ’n uitdaging – veral in Namibië – waar ons sien dat meisies van so vroeg as nege jaar seksueel aktief is,” sê hy.

“Dis die harde werklikheid. . . dit is jongmense wat hulself met grootmensdinge besig hou. Die stoute dinge in die lewe kan ook die gevaarlike dinge wees.”

Hansen sê HPV kan ook seuns raak. Beide nooi dus jongmense uit om CAN se kantoor te besoek om meer oor HPV te leer en verantwoordelik met hul gesondheid te wees.

TABOE

Nghitongo sê sy is steeds besorg oor die stigmas wat aan kanker kleef.

“Ek verstaan nie. Daar word so baie bewusmaking gedoen, maar die tradisionele stigmas en taboes speel steeds ’n groot rol – selfs onder jongmense. . . Stigma is die grootste kwessie; ons moet maniere vind om dit af te breek,” het sy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!