Brandwonde: Rol van arbeidsterapeut noodsaaklik
Multi-dissiplinêre span
Die kollig het geval op die rol van arbeidsterapie in elke fase van die genesingsproses en wel vanaf opname in 'n intensiewesorgeenheid (ICU), gevolg deur die akute-, chirurgiese en rehabilitasiefase.
Met Mei wat in Suider-Afrika die bewusmakingsmaand vir brandwonde is, het die vereniging vir arbeidsterapeute van Namibië (NAOT) ‘n bewusmakingsveltog van stapel gestuur oor die rol van die arbeidsterapeut in die behandeling van ‘n persoon wat brandwonde opgedoen het. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) sterf 180 000 mense jaarliks aan brandwonde, met die meerderheid sterftes wat in Suider-Afrika en ook in Suidoos-Asië voorkom. Buiten dat brandwonde deur vlamme opgedoen kan word, kan dit ook deur kontak met elektrisiteit, radioaktiewe materiaal, koue en chemikalieë veroorsaak word. ‘N Brandwond word geklassifiseer deur die oppervlak van die vel wat beskadig is, sowel as die diepte van die wond.
Volgens die arbeidsterapeut en NAOT-lid Karlien Burger het die bewusmakingsveldtog in Namibië gefokus op die rol
van arbeidsterapie in elke fase van die genesingsproses en wel vanaf opname in ‘n intensiewesorgeenheid (ICU), gevolg deur die akute-, chirurgiese en rehabilitasiefase. Die rol van die arbeidsterapeut is om enige verdere komplikasies soos verminderde omvang van beweging van gewrigte en kontrakture te voorkom. Laasgenoemde kom voor wanneer die brandwondlitteken verouder, verdik en styf word en wat beweging voorkom.
Volgens Burger gebruik arbeidsterapeute menigte modaliteite om die behandeling te bevorder soos wondsorg, asook drukklere en spalke wat elk individueel vir die pasiënt gemaak word. “Wat belangrik is om te onthou, is dat die rol van arbeidsterapeute
noodsaaklik is en dat persone wat brandwonde opgedoen het, baat by die behandeling van ‘n multidissiplinêre span (MDS). Die gesin en versorgers is deel van hierdie span en het gewoonlik ook ondersteuning nodig as deel van die behandeling,” verduidelik Burger.
Volgens haar is die hoofuitkomste waarnatoe ‘n arbeidsterapeut werk, dat die persoon soos ‘n waardevolle- en bydraende lid van hulle gesin en die samelewing voel.
“Die arbeidsterapeut sal in samewerking met die kliënt en die MDS doelwitte vir die terapie stel sodat die kliënt kan deelneem aan aktiwiteite waaraan hulle wil, moet, of verwag word om aan deel te neem.”
Burger beklemtoon behandeling moet ná die opdoen van ‘n brandwond holisties wees en verseker dat nie net fisiese doelwitte word behaal nie. Psigososiale probleme soos depressie en angs as gevolg van die langtermyn hospitalisasie en behandeling, sowel as fisiese voorkoms wat verander het, moet ook aangespreek word. Die arbeidsterapeute wat aan die bewusmakingsveldtog in Mei deelgeneem het, was Antoinette de Almeida, Thelma Marwa, Aloise Shapumba, Hettie Maritz, Johanna Kamati, sowel as die arbeidsterapie-assistant Ronnie Witbeen, die brandwond-aktivis Tania Ward, sowel as die arbeidsterapiestudente verbonde aan die Universiteit van Namibië (Unam), Teresia Thomas en Undjizuva Kandenge. Tania Ward het 68% derdegraadse brandwonde op die ouderdom van 12 opgedoen en lei vandag ná 69 operasies en daaglikse arbeidsterapie ‘n betekenisvolle en opwindende lewe. Die arbeidsterapeut het tydens Tania se behandeling aktiwiteite gebruik waarin sy belang gestel het en wat betekenisvol vir haar was. Dit het die pyn verminder en haar motivering gebou. Volgens Tania moet die pasiënt hoopvol en optimisties bly en elke dag met moed aanpak, iets wat met die woorde van Joshua Graham perfek opgesom word: “I survived because the fire inside me burned brighter than the fire around me.” Vir meer inligting, kontak NAOT by [email protected] of besoek die webtuiste www.naotnam.org.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie