Burgers soek voldoende gesondheidsorg

Iréne-Mari van der Walt
’n Nuwe Afrobarometer-verslag toon dat slegs 15% van Namibiërs mediesefondsdekking het.

“Die meeste burgers (78%) sê hulle is bekommerd dat hulle siek sal word en nie die nodige mediese sorg sal kan bekom of bekostig nie,” lui die verslag wat volg op ’n onlangse opname.

Die meerderheid (74%) van diegene wat nie lede van ’n mediese fonds is nie, sê dit is omdat hulle dit nie kan bekostig nie.

Volgens die opname sê byna tweederdes van Namibiërs (64%) dat die regering moet verseker dat alle burgers toegang tot voldoende gesondheidsorg het, al beteken dit dat belasting verhoog moet word.

Van die 15% wat wel mediesefondsdekking het, is byna die helfte (46%) lede van private mediese fondse, terwyl 28% aan openbare mediese fondse behoort.

Volgens die data wat ingesamel is, word 20% deur nasionale gesondheidsdekking bedien.

Afrobarometer se opnames word onder steekproefgroepe van 1 200 mense ouer as 18 gedoen wat die demografie van ’n land verteenwoordig. In Namibië word dié groep deur die Namibië Statistiekagentskap (NSA) verskaf.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 0 Leganés European Championships Qualifying: Hull City 0 vs 2 Sheffield United English Championship: Hull City 0 vs 2 Sheffield United Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 22° | 39° Eenhana: 19° | 37° Oshakati: 19° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 23° | 34° Otjiwarongo: 19° | 32° Omaruru: 16° | 33° Windhoek: 17° | 30° Gobabis: 13° | 30° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:14, High tide: 05:25, Low Tide: 23:45, High tide: 17:42 Swakopmund: 11° | 14° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:12, High tide: 05:23, Low Tide: 23:43, High tide: 17:40 Walvis Bay: 11° | 19° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:12, High tide: 05:22, Low Tide: 23:43, High tide: 17:39 Rehoboth: 11° | 30° Mariental: 9° | 26° Keetmanshoop: 7° | 24° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 9° | 22° Ariamsvlei: 7° | 23° Oranjemund: 11° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 21° | 36° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 13° | 30° Maseru: 13° | 28° Antananarivo: 11° | 26° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 17° | 30° Cape Town: 12° | 18° Durban: 17° | 20° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 23° | 34° Harare: 19° | 31° #N/A #N/A