CAN kondig ’n verlies aan
Die Kankervereniging van Namibië (CAN) het ’n verlies van N$262 718 aangeteken vir die 2022-’23-finansiële jaar.
CAN se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, sê egter dit is nie ’n gevaarteken vir die organisasie nie.
“Die verlies kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die ontwikkeling van die nuwe palliatiewe sorgprogram wat CAN tans implementeer,” het hy in CAN se jaarlikse verslag gesê.
“Terwyl ’n verlies ’n rede tot kommer is, is dit belangrik om die langtermynvoordele en impak van die program in ag te neem. CAN se niebedryfsbates is in ’n gesonde toestand,” het hy gesê.
Hansen het volgehou dat die organisasie tans in ’n stabiele finansiële posisie is en dit toegeskryf aan streng finansiële bestuur wat vir CAN ’n volhoubare toekoms inhou.
CAN se kapitaaluitgawes gedurende die afgelope finansiële jaar is volgens Hansen hoofsaaklik aangewend om die organisasie se droom van ’n palliatiewe sorgeenheid te bewaarheid. Hy sê nagenoeg N$7,3 miljoen is hiervoor aangewend.
“Om geld in die bank te los, mag dalk lyk soos die veiliger opsie met die huidige ekonomiese vooruitsigte, maar CAN besef hoe belangrik dit is om bates ten volle te benut om ’n impak te maak.
“Deur in die palliatiewe sorgeenheid te belê, doen CAN proaktiewe stappe om die nood van kankerpasiënte in Namibië te takel,’ het Hansen gesê.
UITREIK-AKSIES
Hansen sê CAN se uitgawes vir sitologiese dienste het vanaf N$77 392 in die 2021-’22-finansiële boekjaar geklim na N$386 692 in die afgelope finansiële jaar.
Bykans 1 000 mans het toetse vir prostaatkanker ondergaan en 21 positiewe verwysings is gemaak. Nog 68 pasiënte is verwys vir die behandeling van voorheen ongediagnoseerde hipertensie en/of diabetes.
Meer as 3 600 vrou is getoets vir servikale kanker met 53 positiewe gevalle wat verwys is vir behandeling. CAN het ook kragte saamgesnoer met die Dr. AB May-sentrum om ’n borskliniek te begin nadat ’n toename in gevalle van borskanker opgemerk is.
PASIËNTE-ONDERSTEUNING
Meer as 200 kankerpasiënte en 31 metgeselle is by Huis Acacia gehuisves en by Chica-huis is 36 kinders met kanker, elk met ’n ouer of voog, gehuisves vir die duur van hul behandeling in die hoofstad.
CAN se finansiële ondersteuning aan pasiënte het gegroei vanaf N$979 626 in 2021-’22 na N$1 449 842 in 2022-’23 met 494 nuwe aansoeke wat op die bestaande lys gevoeg is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie