CAN’s chief executive, Rolf Hansen.

photo: contributed
CAN’s chief executive, Rolf Hansen. photo: contributed

CAN maak beduidende beleggings

Rita Kakelo
Die Kankervereniging van Namibië (CAN) het ten spyte van ’n finansiële daling van N$262 718 in 2023 herstel om ’n bedryfsurplus van N$491 343 te behaal.

CAN se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, sê die herstel is te danke aan insamelingsgeleenthede ná die Covid-19-pandemie.

Volgens Hansen het die ontwikkeling van die palliatiewe sorgsentrum van N$10,2 miljoen bygedra tot die surplus wat in die afgelope twee finansiële jare gesien is.

CAN se jaarlikse inkomste wat op N$11 miljoen begin het, bly egter laag met die gemiddeld voor die pandemie wat op N$16 miljoen gestaan het.

“Ten spyte hiervan gaan CAN voort om beduidende maatskaplike beleggings te maak in veral die nasionale kanker-uitreikprogram, tydelike tuistes vir pasiënte van buite Windhoek (Huis Acacia en die tydelike tuiste CHICA), sowel as die finansiële hulpfondsprogram vir pasiënte wat verlede jaar N$1 miljoen in ondersteuning gelewer het,” het Hansen gesê.

Covid-19 het verskeie uitdagings gebied en van maatskappye verwag om by ’n nuwe normaal aan te pas. Tog sê Hansen was CAN se pogings doeltreffend en het dit tot finansiële verbetering gelei.

Hy het verwys na die opening van die gemeenskapsorgsentrum met groeiende kliniekdienste, die voltooiing van die palliatiewe sorgsentrum vir verbeterde pasiëntesorg, die versterking van CAN se Erongosentrum om 'n streekpunt met kliniek- en palliatiewe sorgdienste in te sluit, sowel as die uitbreiding van die borskliniekprogram in vennootskap met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste. Al dié pogings het ten doel om kanker in Namibië te bestry.

Volgens Hansen sal CAN se strategiese vennootskappe met rolspelers en die ondersteuning van organisasies ’n noodsaaklike fokus vir die 2024-’25-boekjaar en verder wees. Die vennootskappe het ten doel om bestaande programme vas te lê en te versterk.

“Ons hoop om inklusiewe beleidsrigtings vir nasionale kankerbeheer in samewerking met die ministerie van gesondheid te ontwikkel, voorspraak te doen dat kanker ’n aanmeldbare siekte is en ook kankersorg sover as moontlik te desentraliseer,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!