CAN nie geraak deur VSA se finansiële onttrekking
'Sedert 1968 100% onafhanklik'
CAN sê die vereniging moes sy nasionale uitreikprogram afskaal weens begrotingsbeperkings.
Ten spyte van die feit dat die Kankervereniging van Namibië (CAN) nie deur die Verenigde State van Amerika (VSA) se onttrekking van finansiële steun geraak word nie, dui sy jaarverslag van 2024 groter finansiële behoeftes aan weens toenemende aanvraag.
“CAN is sedert 1968 100% onafhanklik van enige eksterne finansiering, juis vanweë sulke onsekerhede wat altyd ontstaan,” sê CAN se uitvoerende hoof, Rolf Hansen.
CAN se jaarverslag dui op ’n gemiddeld van 92 nuwe aansoeke om finansiële ondersteuning vir pasiënte wat per maand ontvang is. Die organisasie sê hy het N$2 630 000 aan finansiële bystand vir pasiënte in 2024 bestee.
Pasiënte in die Khomasstreek het die meeste finansiële ondersteuning aangevra met 170 van meer as 700 aansoeke in hierdie verband wat uit hierdie streek kom. Die Erongostreek het die tweede meeste aansoeke ingedien met 72 aansoeke en die Otjozondjupastreek 65.
CAN sê hy gaan N$3 miljoen vanjaar nodig hê om hierdie diens vol te hou en onderskeidelik N$600 000 en N$270 000 om Huis Acacia en die Chica tussentydse tuiste vir kinders met kanker in stand te hou.
“Met mediese fondse wat opgehou het om verblyf te dek, het CAN ’n toename gesien in die aantal private pasiënte wat ondersteuning benodig het,” aldus CAN se jaarverslag.
CAN sê die meeste van die pasiënte wat by Huis Acacia tuisgegaan het, was van die streke Erongo, Ohangwena, Omusati, Oshana en Oshikoto.
Volgens CAN moes hy sy nasionale uitreikprogram afskaal weens begrotingsbeperkings en moes eerder een keer elke twee jaar groot dorpe besoek om plaaslike gesondheidswerkers op te lei.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie