Chroniese medikasie amper beskikbaar
Verhoogde aanvraag skep probleem
Die Covid-19-pandemie kry grootliks die skuld vir 'n tekort aan medikasie by openbare gesondheidsgeriewe.
Die meeste veral chroniese medikasie wat tans en vir ’n geruime tyd reeds nie by die Sentrale Mediese Store en gevolglik nie by verskeie openbare gesondheidsgeriewe oraloor die land in voorraad is nie, sal in die volgende paar weke afgelewer word.
Volgens die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, is medikasie vir hoë bloeddruk (Amiloride HCT) wat vir ’n geruime tyd nie beskikbaar was nie, egter nou in voorraad. Hy het ook verwys na medikasie vir epilepsie (Carbamazepine) wat weer in voorraad by die store is.
Volgens Nangombe is een van die maniere om die chroniese tekort aan medisyne te takel, om kontrakte vir dié noodsaaklike medisyne en verwante voorrade vir verskeie jare in plek te stel.
“Die ministerie van gesondheid werk saam met die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) om die beskikbaarheid van meerjarige kontrakte vir medisyne en verwante voorrade te verseker en die tekorte aan dié noodsaaklike items te bekamp,” het Nangombe gesê.
Op ’n vraag waaraan die voortgesette tekorte toegeskryf kan word, het hy onder meer na verhoogde aanvraag verwys.
Volgens hom het talle mense weens die Covid-19-pandemie siek geword en het die globale aanvraag vir sekere medisyne toegeneem. Dit het ’n tekort geskep omdat die produksie van dié medisyne nie in die skielike verhoogde aanvraag kon voldoen nie, het Nangombe verduidelik.
Sommige medikasie wat gebruik word om Covid-19 mee te behandel en waarvan die aanvraag verhoog het, sluit in azithromycin en cefuroxime wat by die mediese store beskikbaar is.
Danksy die pandemie het die pryse van rou materiale gestyg, wat natuurlik gelei het tot ’n styging in medisyne se pryse.
“Sommige verskaffers kan nie medikasie teen die verhoogde pryse aankoop nie, omdat dié prys hoër is as waarvoor aanvanklik gekwoteer is.”
As die verskaffer nie die medisyne teen die gekwoteerde pryse en weens die prysverhoging kan lewer nie, sê Nangombe moet die hele verkrygingsproses van vooraf begin.
“Dit neem tyd om te voltooi en dit vertraag die proses om medisyne betyds af te lewer. “
Ook die voortgesette styging in brandstofpryse jaag die pryse van medisyne wêreldwyd op.
Met verwysing na meerjarige kontrakte as moontlike oplossing vir tekorte, sê Nangombe dit is moeilik om sonder dit die voldoende verskaffing van noodsaaklike medisyne te handhaaf.
“Meerjarige kontrakte stel vervaardigers in staat om die lande se behoeftes deel van hul langtermyn-produksieplanne te maak. Dit verseker voldoende tyd om rou materiaal te bekom om die vereiste medisyne te vervaardiger. Sonder langtermynkontrakte word vervaardigers beperk om deeglik vir die aanvraag te beplan.”
Die minister, dr. Kalumbi Shangula, het vroeër gesê die probleme met die beskikbaarheid van alle medikasie het in 2019 geblyk om opgelos te wees.
“Dit lyk of ons weer teruggeval het. Ons moet die verkrygingsproses herontwerp dat dit ons doeltreffend kan help,” het Shangula gesê. Hy het beklemtoon die aankoop van medisyne en kliniese voorrade is perfekte kandidate vir die insluiting in die ministerie se strategiese plan. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie