wE ARE NOT WORRIED
wE ARE NOT WORRIED

Covid in 2023: Ons is voorbereid, sê Kalumbi

Gevalle van nuwe variant hier aangemeld
Namibië het teen Sondag twee gevalle aangemeld van die nuwe coronavirus subvariant XBB.1.5, genaamd Kraken, wat glo hoogs oordraagbaar is.
Jemima Beukes
Hoewel Namibië teen Sondag twee gevalle van die nuutste, hoogs oordraagbare subvariant van die coronavirus aangeteken het, is die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, nie bekommerd nie. Hy meen daar is geen rede vir paniek nie gegewe dat die land nog niemand in verband hiermee gehospitaliseer het nie.

Die subvariant XBB.1.5 word Kraken genoem en volgens dr. Maria van Kerkhove van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) is dié subvariant snel besig om ander variante regoor die land te vervang.

Internasionale kenners is bekommerd dat die nuwe subvariant immuniteit van vorige inentings kan vryspring.

SITUASIE IS STABIEL

“Ons situasie is stabiel. Tot dusver is geen mense vir Covid-19 gehospitaliseer nie. Hoewel ons steeds nuwe gevalle aanteken, is ons nie te bekommerd hieroor nie. Ons is goed voorbereid indien dit meer ernstig raak.

“Ons het ons kapasiteit aangepas soos ons die verskillende golwe van Covid beveg het. Ons het aan tekorte in beddens en suurstof aandag gee, asook die kwessie van mannekrag,” het Shangula gesê.

Volgens Van Kerkhove is die vlak van oordraagbaarheid kommerwekkend, maar hulle verwag nie verdere golwe van sterftes nie.

“Ons het nog geen data oor die erns van hierdie subvariant nie, maar daar is geen aanduiding dat dit van voriges verskil nie. Dis iets wat ons baie noukeurig dophou deur eksperimentele studies in die laboratorium, maar ook met werklike data wanneer ons kyk na hospitalisasiekoerse oraloor die wêreld onder mense wat hierdie subvariant opdoen,” het sy gesê.

DOSYNE LANDE

Teen Vrydag is die subvariant in 29 lande aangemeld. Dit word verwag om in die komende weke in meer lande opgemerk te word namate meer toetse uitgevoer word.

Volgens verskeie mediaberigte het infeksies deur XBB.1.5 tot nou laag gebly. Suid-Afrika en Nigerië het ook die afgelope week gevalle aangeteken en hoewel China onlangs ’n toename in nuwe Covid-gevalle beleef, is geen gevalle van die nuwe subvariant aangemeld nie.

Shangula het Namibiërs aangemoedig om hul teen Covid-19 te laat inent om ’n moontlike gesondheidskrisis te help voorkom.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!