CPBN het ‘nie kapasiteit’ om misleidende bieërs na te gaan
Verkrygingsraad werk net met dokumentasie
Die Verkrygingsraad sê die instansie ontvang 'n magdom dokumentasie en dat dit moeilik sal wees om die bestaan van farmaseutiese aanlegte te verifieer.
“Ons het nie die kapasiteit om vas te stel of maatskappye wat beweer dat hulle vervaardigingsaanlegte in Namibië besit, eerlik is wanneer hulle aansoek doen vir die verskaffing van mediese voorraad nie.
So het die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) se administratiewe hoof, Amon Ngavetene, Vrydag tydens ’n mediakonferensie gesê.
Ngavetene sê omdat die instansie ’n magdom dokumentasie ontvang, sal dit moeilik wees om die bestaan van farmaseutiese aanlegte te verifieer, asook of bieërs se goedkeuringsbriewe (certificate of goodstanding) vir belasting en die Maatskaplike Voorsorgdiens (SSC) eg is en of hulle gemagtigde verskaffers is.
“Moet ons nou fisiek daarnatoe gaan of moet ons werk met die dokumente wat ons het? As daar gronde vir agterdog is, kan ons ondersoek instel. In terme van die wet [die Verkrygingswet 15 van 2015] kan die raad tenders toeken tot voordeel van plaaslike vervaardigers,” het hy gesê.
KONTROVERSIEëL
Hy het tydens ’n dringende mediakonferensie gepraat, midde van ’n storm wat losgebars het oor die kontroversiële toekenning van drie reuse-tenders aan Amnics Trading, wat deur die omstrede sakeman Shapwa Kanyama besit word.
“Die CPBN wil bevestig dat sommige bieërs, wat duurder as ander was, tenders ontvang het op grond daarvan dat hulle plaaslike vervaardigers is. Dit is in terme van artikel 28 (2) en 2 (b) van die Openbare Verkrygingsraad, wat openbare entiteite toelaat om plaaslike vervaardigers te bevoordeel,” het hy gesê.
“Inteendeel, dit is die basis waarop ons begin werk het. Die bieër is geëvalueer om ’n plaaslike vervaardiger te wees. Ons sal nog verder na die dokumentasie kyk of ons onsself daarmee tevrede kan stel dat die bieër wel ’n plaaslike vervaardiger is. Ons het dokumentasie wat daarop dui dat hulle wel ’n plaaslike vervaardigingsaanleg besit,” het hy gesê.
DUUR
Luidens CPBN-dokumente is drie winsgewende tenders aan Amnics Trading vir die verskaffing van mediese toerusting by die ministerie van gesondheid toegeken, insluitend een ter waarde van N$416,7 miljoen vir die verskaffing van weggooibare chirurgiese handskoene.
Die Verkrygingsraad het egter Vrydag gesê daar was 'n teenstrydigheid in die aantal weggooibare chirurgiese handskoene wat vereis is. Dit is as 30 miljoen deurgegee, terwyl die korrekte hoeveelheid drie miljoen moet wees.
“Die regstelling van die foute mag tot die vermindering van die bedrae lei – van honderde miljoene na bedrae in veelvoude van tien miljoen,” het hy bygevoeg.
Kanyame het aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê dit het ’n negatiewe beeld van die tender geskep en bygedra tot die publiek se protes daarteen.
Amnics se aanbod is verkies bo twee ander – Fresh Unit Medical Supplies, wat 'n aanbod van N$150,9 miljoen ingedien het en gekeur is as die eerste alternatief, terwyl Trion Technology Solutions as die tweede alternatief aanvaar is en N$193,2 miljoen gebie het. Dit is vir die verskaffing van grootte-7,5 handskoene.
Amnics het glo oor nog twee ander maatskappye geseëvier – vir beide Trion asook MMED Investments, vir die verskaffing van grootte-8 weggooibare mediese handskoene. Laasgenoemde het N$20,8 miljoen gebie – sowat N$11,1 miljoen meer as die tweede alternatiewe bieër, Trion. Trion se aanbod was N$9,96 miljoen.
Die tender ter waarde van N$111 miljoen vir die verskaffing van 750 000 kondome aan die staat, is ook aan Amnics toegeken.
HEROORWEEG
Ngavetene het ook aan die media gesê dat die CPBN klagte asook versoeke vir die heroorweging vir die toekenning van die tender van 29 bieërs ontvang het. Altesaam 90 bieërs het aansoeke ingedien.
Hy het verder genoem dat die kennisgewing vir die toekenning van die tender vir ’n boks is wat 144 kondome bevat. Dit beteken as die bieër se tarief N$100 per boks is, kos ’n kondoom 69c.
“Dit is ook belangrik om daarvan kennis te neem dat die evalueringskomitee alle bieërs se dokumente geëvalueer het volgens die dokumentasie wat by die raad ingedien is.”
Die bieërs moes finansiële state oor die afgelope twee jaar indien – iets waaraan al die voorgestelde bieërs voldoen het.
“Dit is ook nie waar dat een bieër net twee jaar gelede geregistreer is nie. Die dokumente in die raad se besit dui daarop dat die maatskappy reeds vir meer as twee jaar bestaan,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie