Dagga: Om te wettig of nie
Vereniging bepleit goeie wetgewing, regulering
Die enigste verskil tussen iemand wat dagga vir medisinale of volwasse ontspanningsdoeleindes gebruik, is die doel.
Sy het vir meer as ’n dekade in die bedryf in lande gewerk waar dagga deel van die daaglikse lewe is.
Van Kalifornië tot Morokko tot Indië het Angela Prusa, stigter van die Cannabis and Hemp Association of Namibia en cannabinoïed-praktisyn, die plant in detail bestudeer vir onder meer die medisinale gebruik daarvan.
Die afgelope sowat sewe jaar beywer sy haar vir die wettiging en regulering van dagga in die land wat volgens haar hoewel “ondergronds” is, reeds ‘n florerende mark en ekonomie in Namibië is.
Angela het vir tien jaar in die daggabedryf in Kalifornië gewerk en tyd in die Ketamaberge in Morokko en in Indië deurgebring waar dagga deel van die daaglikse lewe is. Sy het ook begin om haar stem te gebruik vir die wettiging van dagga in Namibië.
“Hoe meer ek met die plant gewerk het, hoe meer gefassineerd was ek. Toe ek die genesingspotensiaal ten volle verstaan het, het ek byna ses jaar gelede begin om daggaprodukte te maak wat mense met verskillende siektes help.”
Angela vertel sy het vir “honderde ure” die potensiaal van dagga as ‘n medikasie bestudeer, en ook kursusse, werkwinkels en lesings bygewoon.
As cannabinoïed-praktisyn beteken dit sy ondersteun mense op hul gesondheidsreis, verduidelik sy.
Haar kennis as akupunktuur-praktisyn as lid van die Nasionale Akupunktuur Ontgiftingsvereniging (Nada) vir trauma en verslawing, maak deel uit van haar behandeling.
Nada-protokol is ‘n unieke vorm van akupunktuur wat spesifieke gedragsgesondheid teiken, insluitend verslawings en afwykings wat saam met dit gaan. Die protokol behels die gebruik van naalde in voorafbepaalde punte op elke oor.
Angela neem onder meer trauma, dieet en leefstyl in ag wanneer sy ‘n besluit neem en maak altyd seker mense verstaan traumawerk, asemhaling en dieet en leefstyl dra alles by tot hul welstand en om gesond te word.
“Ek het konsultasies met elke persoon om hul behoefte te verstaan en maak die daggaprodukte volgens elke persoon se individuele behoefte. Ek meng ook dagga, blomme en kruie, omdat hulle mekaar komplementeer en saam kan werk.”
Volgens Angela is die Cannabis and Hemp Association of Namibia ‘n platform vir “onderrig en kennis” oor dagga en hemp en beywer die organisasie hom vir die wettiging daarvan, goeie wetgewing en regulering.
“Ons doen onderrig via regstreekse paneelbesprekings wat ons op ons Facebook-blad en webtuiste aanbied, sowel as gesprekke met die gemeenskap. Ek hoop ons kan die media ook betrek om meer te fokus op onpartydige, feitelike onderrig oor dagga en hemp.”
Angela sê die wettiging kan ’n bedryf en handel in die plant skep, wat gemeenskappe deur werkskepping bevoordeel, nuwe navorsings- en innoverende geleenthede skep, sowel as klimaatsverandering takel en oplossings implementeer tot die omgewing se voordeel. Dit sal ook toegang tot dagga as natuurlike medisyne vir siektes verseker.
Sy sê die enigste verskil tussen iemand wat dagga vir medisinale, volwasse ontspannings- (“ons moet eintlik wegdoen met dié woord”), godsdienstige of spirituele doeleindes gebruik, is die doel.
“Dit is dieselfde plant. Niks is verskillend buiten die doel nie. Net omdat dit mediese dagga is, beteken dit nie dit is meer aanvaarbaar of superieur nie. Dagga is dagga.”
Wat belangrik is, sê Angela, is om seker te maak jy het toegang tot goeie, niegiftige, organiese dagga sonder plaag- en plantdoders wat ouderdomsbeperkings op die verkoop daarvan het, sowel as ondersteuning vir dié wat hulp met afhanklikheid nodig het. Dit kan volgens haar net gebeur met die volle wettiging van die plant.
Volgens Angela sal die wettiging van dagga in Namibië die land ekonomies ‘n hupstoot gee.
“Ons het reeds ‘n florerende daggamark en ekonomie in die land. Dit mag ondergronds wees, maar dit bestaan en mense gebruik dagga daagliks of dit wettig is of nie.
“Kom ons herlei polisie en belastingbetalers se hulpbronne en hou op om mense in hokke toe te sluit vir die gebruik van ‘n plant wat minder skadelik as alkohol en tabak is en om in jou motor te klim en te ry.”
As stigter van die vereniging het Angela voortgesette besprekings met die regering en het reeds verskeie voorleggings aan verskillende regeringsinstansies gedoen. Volgens haar is die doel om meer in gesprek met die regering en howe te tree, sowel as voorleggings aan die private sektore van landbou en onderwys.
“Daar behoort binnekort ‘n paar groot aankondigings gemaak te word wat ek ongelukkig nog nie kan verklap nie, maar dit sal op die webtuiste en die Facebook-blad verskyn.”
Die wettiging van dagga in Namibië is iets waaraan sy die laaste byna sewe jaar van haar lewe toegewy het, sê Angela.
Haar fokus nou is om aan te hou om Namibiërs en die regering te onderrig.
Baie belangrik is ook om seker te maak dat, wanneer dagga en hemp wettig is, wetgewing verseker korrupsie of die oorname van die bedryf deur uitverkose individue in die regering en ryk, korporatiewe magte, word verhoed.
“Om te verseker daar is gesondheids- en maatskaplike geregtigheid en gelykheid vir dié wat voorheen skade gelei het as gevolg van die verbod en om seker te maak selfs die mees gemarginaliseerde gemeenskappe en dié met skaars finansiële hulpbronne is in staat om deel van die daggabedryf te wees.
“Om seker te maak die winste gaan aan die ondersteuning van individue wat hulp nodig het met middelemisbruik en werklik te fokus op grootskaalse trauma-onderrig en ondersteuning en om inheemse kennis oor dagga deel hiervan te maak.”
Die ander belangrike faktor, sê Angela, is om te verseker die bedryf is volhoubaar en dit het die welstand van die natuur as hoofdoelwit.
“Hemp het soveel potensiaal as ‘n volhoubare alternatief tot die skadelike boor en ontginning van fossielbrandstof wat tans in Namibië plaasvind en ons natuur beskadig. Die wetgewing moet daarop fokus dat die bedryf op ‘n volhoubare manier opgestel word.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie