Deurbraak in retinale behandeling

‘n Deurbraak in retinale sorg en ‘n nuwe hoofstuk vir die behandeling van retinale toestande, spesifiek sentrale sereuse choroidopatie, diabetiese makulêre edeem, en retinale aarafsluitings. Dié deurbraak is by die Olympia Eye & Laser Centre gemaak toe dr. Talitha Maritz ‘n reeks behandelings suksesvol met die gevorderde Navilas® Laser System 577s Prime kon uitvoer. Retinale kwessies soos die opbou van vloeistof wat algemeen tydens bogenoemde toestande voorkom, kan ‘n persoon se sig ernstig beïnvloed. Hoewel tradisionele laserbehandelings reeds vir ‘n geruime tyd gebruik is om die kwessies aan te spreek, verteenwoordig die Navilas®-lasertegnologie beduidende vooruitgang. Anders as konvensionele lasers, gebruik dié stelsel net ‘n fraksie van die krag wat sorg vir presiese behandeling sonder dat dit die omliggende weefsel beskadig. Dit maak dit ‘n baie veiliger en sagter opsie om sig te herstel. Die behandeling maak gebruik van mikrosekonde slae wat die geraakte areas van die retina stimuleer en wat op sy beurt help om die vloeistof te verminder en sig te verbeter. Die behandeling bereik nooit die intensiteit wat vereis word om permanente skade te veroorsaak nie en wat dit die ideale oplossing maak vir delikate retinale toestande soos sentrale sereuse choroidopatie en as ‘n bykomende terapie

vir diabetiese makulêre edeem en retinale aarafsluitings.

Olympia Eye & Laser Centre is die eerste sentrum in Namibië wat die behandelings aanbied in hul pogings om die mees gevorderde, pasiëntvriendelike oplossings vir oogsorg na die land te bring.

“Ons is baie opgewonde om toegang tot hierdie baanbrekerstegnologie te hê,” sê dr. Maritz.

“Dit stel ons in staat om aan ons pasiënte meer presiese, gemaklike en doeltreffende behandelings te bied wat hul lewenskwaliteit beduidend verbeter.” - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!