DIRE NEED: Patients with kidney failure being treated on the donated haemodialysis machines.
DIRE NEED: Patients with kidney failure being treated on the donated haemodialysis machines.

Diabetes eis 30 lewens in ’n jaar in Oshakati

’n Belegging in mense se gesondheid
'n Skenking van dialisemasjiene sal daartoe lei dat die staatsdiens minder pasiënte na private hospitale sal verwys.
Kenya Kambowe
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het Maandag gesê dat uit 133 pasiënte wat die afgelope jaar vir nierversaking by die Oshakati Intermediêre Hospitaal behandel is, minstens 30 pasiënte aan diabetes-verwante oorsake gesterf het.

Die gesondheidsminister, Kalumbi Shangula, het dié syfer bekendgemaak tydens ’n simboliese oorhandiging van toestelle om hemodialise te behandel wat Debmarine Namibia teen ’n koste van N$1,5 miljoen aangekoop en by die hospitaal geïnstalleer het.

Verlede jaar is berig dat die staat meer as N$50 miljoen per jaar betaal om pasiënte na private fasiliteite te verwys weens ’n gebrek aan dialisefasiliteite by staatshospitale en -klinieke.

“Beskikbare statistieke dui daarop dat die Oshakati Intermediêre Hospitaal vanaf April 2023 tot April 2024 altesaam 133 nuwe hemodialise-gevalle hanteer het,” het Shangula gesê.

“Statistieke dui verder daarop dat 35 pasiënte herstel het en 38 as buitepasiënte behandel word. Die hospitaal moes egter 27 chroniese gevalle na private fasiliteite verwys, [en] drie het na ander streke verhuis,” het die minister gesê.

Hy het bygevoeg dit is hartseer dat 30 pasiënte gedurende dié tydperk aan diabetes-verwante oorsake dood is.

Shangula het gesê die skenking van dialisetoerusting deur Debmarine Namibia komplementeer die regering se plan om ’n dialisesentrum by die hospitaal in Oshakati te vestig.

Dié inisiatief het ten doel om die behoefte uit te skakel om pasiënte wat dialisebehandeling benodig na privaat hospitale te verwys, wat duur is.

“Die ministerie is besig om ’n dialise-eenheid met 12 stoele hier by die Oshakati-hospitaal te voltooi,” het Shangula gesê.

“Dit beteken dat ons pasiënte wat dialisesorg benodig nie meer lang afstande hoef te reis om dié diens te ontvang nie. Dit beteken ook dat die ministerie beduidende besparings sal realiseer deur die aantal pasiënte wat in die verlede na private dialisesentrums verwys is, te verminder.”

Shangula het Debmarine Namibia bedank vir sy skenking en vir die ondersteuning van die ministerie se beroep vir meer openbare-private-vennootskappe.

“Hierdie skenking is ’n bewys van die krag van openbare-private-vennootskappe om gesondheidsorg in ons land te bevorder,” het die minister gesê.

In ’n toespraak wat namens Willy Mertens, die uitvoerende hoof van Debmarine Namibia, gelewer is, het hy gesê: “By Debmarine Namibia glo ons dat ’n gesonde nasie ’n ryk nasie is, en dat elke lewe belangrik is.”

Hy het gesê die idee om toerusting aan die Oshakati-hospitaal te skenk, het in 2018 ontstaan toe die maatskappy verneem het van die dringende behoefte aan hemodialise-masjiene by die hospitaal.

“Hierdie hemodialise-masjiene, is ek ingelig, is noodsaaklik vir die behandeling van pasiënte met ernstige nierversaking, aangesien hulle die noodsaaklike funksie verrig om afval, oortollige vloeistowwe en gifstowwe uit die bloed te verwyder wanneer die niere dit nie meer doeltreffend kan doen nie.”

Mertens het gesê dit is duidelik dat die masjiene “onontbeerlik is om pasiënte se gesondheid te handhaaf en hul behandeling te ondersteun”.

“Gevolglik het ons deur Debmarine Namibia se maatskaplike beleggingsfonds in 2018 ons daartoe verbind om ons ondersteuning te bied, sonder om voorsiening vir die Covid-19-pandemie in 2019 te maak.”

Toe, in 2023, kon die maatskappy sy belofte nakom deur drie hemodialise-masjiene vir die hospitaal aan te skaf.

“Die installering en opleiding is in Mei 2024 deur Genmed se tegniese span voltooi,” het Mertens opgemerk.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!