Dialisesentrum bring nuwe hoop
Jaarliks meer as N$100 miljoen vir dié dienste bewillig
Sedert sy voltooiing in Julie het die eenheid reeds meer as 65 pasiënte behandel, waarvan 35 nuwe pasiënte is.
Toe Ester Shityeni haar ses maande oue baba geborsvoed het, het sy geen idee gehad dat sy 'n chroniese niersiekte (CKD) in die gesig staar wat haar in 'n dialise-eenheid sou laat beland nie.
Shityeni (36) het vier uur lange behandeling by die Oshakati-staatshospitaal ontvang en het met Netwerk Media Hub (NMH) gesels kort ná die amptelike ingebruikneming van ‘n dialise-eenheid met 12 beddens by die grootste verwysingshospitaal in die Noorde.
Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, is die hospitaal met die uitbreiding van dialisedienste nou in ‘n beter posisie om pasiënte wat aan niersiekte ly, te bedien, toegang tot lewensreddende dialise-behandeling te verseker en ook wagtye drasties te verminder. Ook is die behoefte om lang afstande te moet reis vir behandeling uit die weg geruim.
Sedert sy voltooiing in Julie het die eenheid reeds meer as 65 pasiënte behandel, waarvan 35 nuwe pasiënte is.
Toe Shityeni in Julie 2021 gediagnoseer is, moes sy ophou borsvoed.
“Wanneer ek die baba op my rug dra, het my hart baie vinnig geklop en my voete geswel. My bloeddruk was ook baie hoog toe ek die kliniek by Omuntele besoek het,” vertel sy.
Sy is verwys vir bloedtoetse by die Onandjokwe-hospitaal in die Oshikotostreek, wat aan die lig gebring het dat sy in die finale stadium van CKD is.
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) is Namibië wêreldwyd 73ste op die lys van sterftes as gevolg van niersiekte. Die land het 'n totale bevolking van net meer as drie miljoen mense en het meer as 300 bevestigde gevalle van CKD.
Shangula sê CKD is 'n belangrike wêreldwye gesondheidsuitdaging. Wêreldwyd word beraam dat ongeveer 10% van die bevolking deur CKD geraak word, wat 'n aansienlike gesondheidsorglas verteenwoordig en veral wanneer dit vorder tot eindstadium niersiekte (ESRD) en gepaardgaande komplikasies.
"Hemodialise speel 'n deurslaggewende rol in die hantering van chroniese nierversaking. Dit bied 'n manier om die bloed van pasiënte wie se niere nie meer hierdie noodsaaklike funksie kan verrig nie, skoon te maak. Dit verhoog ook die lewenskwaliteit en verhoog die oorlewingsyfer van pasiënte met ESRD,” het hy gesê.
Die ministerie van gesondheid bewillig elke jaar meer as N$100 miljoen vir dialisedienste, hoofsaaklik weens die landwye skaarste aan openbare geriewe.
Shityeni is reeds drie maande besig met haar hemodialise-behandeling. Hoewel sy reeds in 2021 gediagnoseer is, het sy nie dadelik met behandeling begin nie.
“Ek het nooit gedink dit sou tot hier vorder nie, al het ek sedert 2021 gesondheidsprobleme gehad en die dokters het my aanhoudend gewaarsku dat my niere besig is om in te gee. Maande gelede toe hulle vir my sê hulle wil hê ek moet met behandeling begin, het ek nee gesê. Ek het gehoop om op my eie voorwaardes te herstel,” het sy gesê.
“Maar soos die maande verbygegaan het, het ek verskriklike krampe gekry en ek moes hospitaal toe gehaas word. Ek het gou uitgevind my nierfunksie gaan agteruit.”
Shityeni het erken dat sy baie min kennis van die siekte gehad het voor haar diagnose, en het die mites geglo wat sy gehoor het dat hemodialise-behandeling mense doodmaak.
Haar familie het haar egter ondersteun en sy is na 'n maatskaplike werker geneem vir terapie.
Volgens haar het gesê die maatskaplike werker haar ingelig oor die behandelingsproses en wat om te verwag sodra sy begin. Sy is ook ingelig oor die geestelike veerkragtigheid wat sy sou nodig hê om haar tot die sessies te verbind.
Toe Shityeni teruggaan hospitaal toe, het dokters haar meegedeel dat haar serumkreatinien uiters hoog is. Hulle het aan haar verduidelik dat wanneer niere nie goed funksioneer nie, die serumkreatinienvlak styg.
Shitenyi het gesê hoewel sy nog nie duidelike kennis het oor wat moontlik veroorsaak het dat haar niere ingegee het nie, is sy deur dokters meegedeel dat sy te veel antibiotika gedrink het en wat moontlik 'n bydraende faktor kon wees.
“Ek het lank knieprobleme gehad, so ek het baie antibiotika gedrink om die pyn weg te hou. Die knie sou selfs begin jeuk. Dit het besmet geraak en dit is hierdie week geamputeer. Terwyl ons praat, het ek ’n vars wond,” het sy gesê.
Shityeni woon in die dorpie Odimbwa in die Omusatistreek se Etayi-kiesafdeling. Om na en van die hospitaal te reis, sowat 50 km vanwaar sy bly, is duur. Shityeni benodig daagliks sowat N$150 vir 'n retoerrit. Hierdie bedrag moet sy vermenigvuldig vir die drie keer wat sy 'n week op Maandae, Woensdae en Vrydae vir dialise moet gaan. Dit kom neer op ‘n maandelikse koste van sowat N$1 800 net vir vervoer.
Vir haar is die geld wat sy van die staat se ongeskiktheidstoelae ontvang die verskil tussen lewe en dood. Dit help haar om vir haar weeklikse hemodialise te betaal, maar sy het steeds te min om die dialiseprogram van drie keer per week te volg. Volgens Shityeni is haar grootste bekommernis die nuwe dieet wat vir haar voorgeskryf is om met die siekte saam te leef.
“Dit lyk moeilik en jy voel bekommerd. Om eerlik te wees, as jy die siekte aanvaar, na dokters se instruksies luister en alkohol en sekere kosse vermy, sal dit goed gaan en kan jy ’n normale lewe lei soos ander mense met chroniese siektes.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie