Die ongelooflike kans om iemand se lewe te kan red
Wil boodskap met inwoners van 64 lande deel
Dis bitter moeilik om geskikte beenmurgskenkers te kry, omdat die kanse, afhangend van jou etniese agtergrond, wissel van 1 uit 100 000 tot 1 uit 400 000.
’n Lewensreddende beenmurgoorplanting ses jaar gelede wat hom ’n tweede kans op die lewe gegee het, het ’n man en sy vrou so geïnspireer dat hulle die boodskap met inwoners van 64 lande gaan deel met die hoop dat hulle ook stamselskenkers sal word.
Hulle wil die geweldige gawe van ’n geskikte skenker en die kans op ’n tweede lewe vir ander gee wat nog wag op en soek na húl geskikte skenker, sê Jolandie en Robin Lewis.
“Ons wil vir mense wys wat moontlik is danksy ’n gewillige en onselfsugtige skenker vir ’n tweede kans op die lewe. Ons wil mense inspireer om ten spyte van dit wat teen jou opgestapel is, die lewe steeds voluit te leef,” sê Jolandie.
Baie mense, inteendeel, die meeste mense, het nie ’n verwante geskikte skenker nie, verduidelik sy en is daarom afhanklik van beenmurgregisters oraloor die wêreld om hulle te soek.
Nou, as deel van die Matches on the Map-ekspedisie, pak Jolandie, Robin en hul omgeboude huis-op-wiele Betsy vir die volgende tien jaar ’n voortgesette reis deur 64 lande en van Suid-Afrika tot Viëtnam aan in die wêreld se eerste interkontinentale bewusmakings- en werwingsveldtog vir stamselskenkings. Die hoop is om tydens die reis lewensreddende geskikte skenkers te vind vir mense wat gediagnoseer is met skaars siektes en wat beenmurgnadelig raak. Dit sluit in siektes soos leukemie, ofte wel bloedkanker.
Robin en Jolandie se Matches on the Map-inisiatief is ter ondersteuning van die Suid-Afrikaanse beenmurgregister, met die egpaar wat opvoedkundige praatjies in die lande gaan lewer wat hulle besoek, terwyl hulle ook waar moontlik ’n veldtog van stapel gaan stuur vir inwoners om as stamselskenkers op te tree.
“Ons projek is gratis en self gefinansier en ons doel is om etniese diversiteit op die databasis van stamselskenkers in Afrika te voeg vir pasiënte uit alle lande,” sê Jolandie.
In die geval van ’n Namibiese inwoner wat met bloedkanker gediagnoseer word, verduidelik sy hy of sy moet die lewensreddende proses van ’n beenmurg/stamsel-oorplanting ondergaan.
“Vir dit om te gebeur, moet ’n potensiële geskikte skenker geïdentifiseer word.
“Dis bitter moeilik om geskikte skenkers te kry, omdat die kanse, afhangend van jou etniese agtergrond, wissel van 1 uit 100 000 tot 1 uit 400 000.”
Die Suid-Afrikaanse Beenmurgregister (SABMR) wat ook ’n vennootskap met die Kankervereniging van Namibië (CAN) het, is die enigste beenmurgregister in Afrika wat by die Wêreldvereniging vir Beenmurgskenkers (WDMA) geregistreer is.
“Ons gee aan lede van jou gemeenskap die geleentheid om eendag ’n lewe te kan red sou hulle ooit as iemand anders se geskikte skenker bevind word.
“Die SABMR fasiliteer die proses om die skenker te kry waar hy of sy moet wees. Alle koste word ook gedek.”
Jolandie en Robin probeer om goeie geleenthede te identifiseer om as stamselskenkers op die register te registreer, met die proses wat baie vinnig, maklik en pynloos is.
“Ons gee aan gemeenskappe die inligting wat nodig is in ’n kort opvoedkundige praatjie en nooi almal in algemene, goeie gesondheid tussen die ouderdomme van 16 en 45 om te registreer.”
Dan volg die proses om deur al die kriteria te sif wat persone van registrasie uitsluit, met diegene wat geskik is wat die aansoekvorm voltooi en van wie vier speekselmonsters geneem word.
Die deppers word na die SABMR in Kaapstad gestuur waar dit ontleed word. Met dié inligting word die betrokke individu op die registreer gelaai en het die kans om eendag as ’n geskikte skenker vir iemand gevind te word en die ongelooflike geleentheid het om iemand se lewe te red.
“Die skenkingsproses kan vergelyk word met ’n eenvoudige bloedskenk. Dit is nie indringend of pynlik nie. Bloed word getrek uit een arm en gesirkuleer deur ’n stamsel-filtreringsmasjien wat die ekstra stamselle opvang en dit terug in die ander arm plaas – jy verloor dus nie eens bloed nie!”
Die proses duur sowat vier tot ses uur en die skenker kyk gewoonlik ’n fliek of haal ’n nodige slapie in.
Die volgende dag kan die skenker sonder enige ernstige newe-effekte na sy normale lewe terugkeer. En die geleentheid om die persoon wat hy of sy gered het ná ’n wagtydperk van drie jaar te ontmoet.
“Hierdie wagtydperk is net om seker te maak alles het goed met die pasiënt verloop. Maar soos jy jou kan voorstel, is dit nogal ’n emosionele oomblik.”
Jolandie en Robin verfilm, dokumenteer en neem foto’s van die hele reis wat gevolg kan word op die Facebookblad, Matches on the Map Inspiration.
Hul getroue metgesel Betsie is ook om sente om te draai en die reis finansieel moontlik te maak, so omgebou dat sy op kook- en enjinolie ry!
“Dit sal wonderlik wees as ons gemeenskappe in dorpe wat ons in Namibië gaan besoek, betrokke kan kry deur hul gebruikte kookolie vir ons in te samel en te bêre. Ook geriewe soos kampplekke waar ons op ons reis en roete veilig kan oornag en kamp.”
Robin, Jolandie en Betsy kom einde Januarie via die Ariamsvlei-grenspos die land binne. Vandaar volg die roete deur Karasburg, Grünau, Keetmanshoop, Aus, Lüderitz, Sossusvlei, Sesriem, Solitaire, Rehoboth, Windhoek, Walvisbaai, Swakopmund, Omaruru, Uis, Opuwo en Ruacana voordat hulle die grens na Angola oorsteek. – [email protected]
BLOKKIE
HET JY GEWEET?
Beenmurg is die bloedsel-“fabriek”. Gesonde beenmurg stel bloedselle in die bloedstroom vry wanneer hulle volwasse is en wanneer nodig. Sonder beenmurg kon ons liggame nie die wit selle produseer wat ons nodig het om infeksie te beveg, die rooibloedselle wat ons nodig het om suurstof te dra, en die bloedplaatjies wat ons nodig het om bloeding te stop nie.
Rooi beenmurg bevat bloedstamselle wat rooibloedselle, witbloedselle of bloedplaatjies kan word. Geel beenmurg word meestal van vet gemaak en bevat stamselle wat kraakbeen-, vet- of beenselle kan word.
Dr. Donnall Thomas, ’n hematoloog, het in 1990 ’n Nobelprys ontvang vir die vestiging van beenmurgoorplanting as ’n suksesvolle behandeling vir leukemie en ander bloedtoestande.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie