omicron-subvariant-ba-2-thumbnail
omicron-subvariant-ba-2-thumbnail

Dra julle maskers, sê president

Ronelle Rademeyer
Namibiërs is gans te traak-my-nieagtig oor die dra van maskers in openbare plekke, sê die staatshoof, pres. Hage Geingob, en voeg by dit bekommer hom.

Hy het vanoggend (Vrydag) tydens die maandelikse Covid-19-inligtingsessie by Staatshuis gemaan alle pogings moet aangewend word om terwyl Namibië die wintermaande binnegaan, mense teen Covid-19-infeksies te beskerm.

Geingob het opnuut ’n beroep op Namibiëers gedoen om hulle te laat inent en sê tans is net 23% van die land se mense ingeënt, terwyl die teiken 70% is.

Hy het ook gesê besigheidseienaars moet daarop aandring dat mense maskers dra, of selfs vra hulle moet hul inentingskaarte toon wanneer hulle winkels en besighede besoek.

“Voorkoming is beter as genesing. Dit is jou gesondheid. Kom ons wees ernstig daaroor,” het hy gesê.

Hy het ook aangekondig die Covid-19-regulasies bly onveranderd tot Woensdag 15 Junie wanneer die volgende Covid-19-inligtingsessie gehou word.

Dr. Kalumbi Shangula, minister van gesondheid en maatskaplike dienste, sê agt sterftes is in die afgelope maand sedert die vorige sessie aangemeld. Die sterftesyfer sedert die begin van die pandemie staan nou op 4 029.

Die gemiddelde getal hospitaalopnames van mense met Covid-19, het ook opgeskiet na 17 per dag, terwyl daar tans 9 mense in intensiewesorgeenhede is. ’n Maand gelede was daar niemand in ICU vir Covid-komplikasies nie.

Die styging in gevalle word gedryf deur Omicron-subvariante soos BA.2, sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!