Drie bevestigde gevalle van ingewandskoors
Nog nie 'n uitbreking
Die siekte kan met antibiotika behandel word, maar die weerstand teen algemene antimikrobiese middels kom ook wydverspreid voor.
Drie gevalle van ingewandskoors is in Namibië aangeteken.
Die bevestigde gevalle voldoen tans nie aan die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se definisie van ’n uitbreking nie, wat beteken die voorkoms van gevalle oorskry nie tans die normale verwagting nie.
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het bevestig die drie gevalle is in ’n stabiele toestand en ontvang mediese behandeling.
Die minister sê die eerste geval is op 27 Januarie vanjaar in die Windhoek-distrik bevestig. Nege kontakte, insluitend drie nabye kontakte, van die bevestigde geval, is opgespoor en ook vir die siekte getoets. Twee was positief.
Gevalle van die siekte is voorheen in veral Kavango-Oos en -Wes gerapporteer weens die gebruik van rivierwater. Die afgelope vyf jaar –tussen 2017 en 2021 – is net een geval in die Khomas-distrik aangeteken.
Ingewandskoors word oorgedra deur kos en water wat met die ontlasting en uriene van ’n geïnfekteerde persoon besmet is. Besmette water is die mees algemene bron van oordrag.
Shangula sê kos soos rou groente en vrugte, besmette melkprodukte wat deur geïnfekteerde mense hanteer is, sowel as vlieë is ook algemene bronne van oordrag.
“Mense kan die siekte oordra solank as wat die bakterie in hul liggaam bly,” het die minister verduidelik.
Die meeste mense is aansteeklik voor en gedurende die eerste week van herstel, maar 10% van onbehandelde pasiënte sal vir tot drie maande bakterie afskei. Persone met ingewandskoors dra die bakterie in hul bloedstroom of dermkanaal.
Simptome sluit in verlengde hoë koors, moegheid, kopseer, naarheid en diarree. Sommige het ook ’n uitslag. Ernstige gevalle kan tot komplikasies en sterftes lei.
Algemene risikofaktore sluit onder meer swak higiëniese praktyke, gebrek aan sanitasiegeriewe, onlangse gebruik van antibiotika, sowel as lae immuniteit weens diabetes, onbeheerde MIV/vigs en ander toestande wat immuniteit onderdruk.
Die minister sê voorsorg teen die siekte kan getref word deur gereeld hande te was, te verseker water is veilig om te drink deur dit te kook en rou produkte te vermy of ordentlik af te was.
Shangula beklemtoon ingewandskoors kan met antibiotika behandel word, maar die weerstand teen algemene antimikrobiese middels kom ook wydverspreid voor.
Volgens die minister is ingewandskoors oraloor die wêreld ’n ernstige openbare gesondheidsprobleem.
Die WHO beraam 16 tot 33 miljoen gevalle word jaarliks aangemeld, terwyl 500 000 tot 600 000 mense van die siekte sterf. Die sterftekoers wissel tussen 1,5% en 3,8%. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie