Drie gevalle van ingewandskoors in Namibië bevestig
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het die voorkoms van ingewandskoors in Namibië bevestig. Volgens Shangula is 'n geval van ingewandskoors op 27 Januarie in die Windhoek-distrik bevestig. Nege kontakte van die positiewe geval, waaronder drie nabye kontakte, is ook getoets waarvan twee positief getoets het. Die minister sê voorheen het die meeste gevalle van die siekte in Kavango-Oos en -Wes voorgekom waar inwoners rivierwater gebruik. Die afgelope vyf jaar is net een geval en wel in Windhoek in die land aangeteken. Die siekte kan suksesvol met antibiotika behandel word.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie