Een hospitaal, meer as 1,2 miljoen pasiënte

Mediese superintendent pleit by private sektor
Die Oshakati-staatshospitaal het vir 'n geruime tyd 'n dialise-eenheid met drie stoele gehad, wat intussen na 15 beddens opgegradeer is.
Tuyeimo Haidula
Die staatshospitaal op Oshakati bedien tans 1,2 miljoen pasiënte per jaar, ondanks die feit dat dit gebou is vir ’n kapasiteit van 750 beddens.

Die situasie het ’n verwoestende impak op mediese dienste by die hospitaal.

Die mediese superintendent, dr. Ruben Kanime, het by die private sektor gepleit om tot die redding van die voorste gesondheidsentrum in die Noorde te kom.

Hy het gesê sedert die onlangse vrystelling van die nasionale sensusstatistieke het die hospitaal se bedieningsgebied uitgebrei, wat dit moeilik maak om aan die hoër vraag te voldoen.

Kanime was vandeesweek aan die woord tydens die oorhandigingseremonie van hemodialise-kateters ter waarde van N$110 000 wat deur First National Bank Namibia (FNB) geskenk is.

Volgens hom het die hospitaal die oprigting van ’n dialise-eenheid met 12 stoele voltooi, maar die vraag na hemodialise-dienste oorskry verreweg wat beskikbaar is.

Die hospitaal het verlede maand ’n skenking van dialise-toerusting van Debmarine Namibia ter waarde van N$1,5 miljoen ontvang.

Kanime sê FNB het ’n gesoute vennoot vir die hospitaal geword en het in Maart ook maskers, handskoene en daaglikse verbruiksgoedere ter waarde van N$15 000 geskenk. In Junie het die bank vroue in die kraamsaal met doeke ter waarde van N$10 000 ondersteun.

“Soos julle bewus is, is hierdie die enigste hospitaal in die Noorde wat spesialisdienste bied. Soos volgens die jongste sensusopname het ons bevolking waarvoor ons verantwoordelik is, toegeneem.

“Neem ook die dinamiese demografiese patrone in ag, dit is alles faktore wat dit onmoontlik maak vir die regering alleen om gehaltedienste aan behoeftiges te lewer,” het Kanime gesê.

Die hospitaal het vir ’n geruime tyd ’n dialise-eenheid met drie stoele gehad, wat intussen na 15 beddens opgegradeer is.

“Ons het ’n nuwe dialise-eenheid, met die ou gebou wat omskep is om 12 stoele te akkommodeer. Dit is oop vir die publiek en die vraag na hierdie dienste het toegeneem.

Daarmee saam ook die vraag na verbruiksgoedere,” het Kanime gesê.

Tussen April 2023 en Maart 2024 het die hospitaal 133 nuwe gevalle aangeteken, met die getalle wat daagliks gestyg het.

FNB se areabestuurder vir die verre Noorde, Abongile Mpikwa, het op sy beurt gesê die FirstRand Namibia Foundation Trust het die afgelope tien jaar N$30 miljoen in gemeenskappe en gesondheid belê, wat hul verbintenis tot die verbetering van die gesondheid en lewensgehalte van almal beklemtoon.

Mpikwa sê ’n hemodialise-kateter is ’n noodsaaklike mediese toestel wat ontwerp is om individue te ondersteun wat met eindstadium-nierversaking gediagnoseer is.

“’n Hemodialise-kateter is noodsaaklik in niervervangingsterapie en dien as ’n brug tot vaskulêre toegang oor die lang termyn.

“Dit simboliseer hoop, veerkragtigheid en die kollektiewe ondersteuning van diegene wat dit nodig het,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Springboks 18 vs 12 New Zealand Katima Mulilo: 17° | 36° Rundu: 16° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 16° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 12° | 31° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:31, High tide: 13:01, Low Tide: 19:03, High tide: 01:21 Swakopmund: 12° | 13° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:29, High tide: 12:59, Low Tide: 19:01, High tide: 01:19 Walvis Bay: 10° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:29, High tide: 12:58, Low Tide: 19:01, High tide: 01:18 Rehoboth: 14° | 30° Mariental: 13° | 30° Keetmanshoop: 11° | 25° Aranos: 13° | 32° Lüderitz: 10° | 25° Ariamsvlei: 10° | 23° Oranjemund: 10° | 16° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 15° | 33° Lubumbashi: 17° | 36° Mbabane: 14° | 32° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 11° | 27° Lilongwe: 18° | 30° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 11° | 14° Durban: 15° | 22° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 19° | 32° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.84 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1796.9 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007 Sport results: Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Springboks 18 vs 12 New Zealand Weather: Katima Mulilo: 17° | 36° Rundu: 16° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 16° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 12° | 31° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:31, High tide: 13:01, Low Tide: 19:03, High tide: 01:21 Swakopmund: 12° | 13° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:29, High tide: 12:59, Low Tide: 19:01, High tide: 01:19 Walvis Bay: 10° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:29, High tide: 12:58, Low Tide: 19:01, High tide: 01:18 Rehoboth: 14° | 30° Mariental: 13° | 30° Keetmanshoop: 11° | 25° Aranos: 13° | 32° Lüderitz: 10° | 25° Ariamsvlei: 10° | 23° Oranjemund: 10° | 16° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 15° | 33° Lubumbashi: 17° | 36° Mbabane: 14° | 32° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 11° | 27° Lilongwe: 18° | 30° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 11° | 14° Durban: 15° | 22° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 19° | 32° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.84 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1796.9 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007