Entstowwe: 'Vertrou die data'
Verspreiding van fopnuus is gevaarlik
Met betrekking tot Covid-19 sê Amerika se chargé d'affaires die Namibiese regering het vasbeslotenheid en toewyding getoon om die land se inwoners en ook die ekonomie te beskerm.
Die Amerikaanse regering is reeds die afgelope twee dekades die Namibiese regering se vennoot in gesondheid wat gesamentlike pogings met betrekking tot MIV en TB insluit.
Volgens Amerika se chargé d’affaires, me. Jessica Long, beklemtoon dié vennootskappe die land se toewyding en betroubaarheid wanneer dit by gesondheidskwessies kom.
“Vyftien jaar gelede het mense in Namibië daagliks aan MIV/vigs gesterf. Families het geliefdes verloor en kinders het hul ouers verloor. Die regering het egter die visie en vasbeslotenheid gehad om ’n weg vorentoe te vind en teen die epidemie te baklei,” sê Long.
Vandag is MIV ’n chroniese siekte wat met medikasie bestuur kan word. Volgens Long kan ’n MIV-positiewe persoon in Namibië ’n lang en gesonde lewe lei.
“Die vennootskap tussen Amerikaanse en Namibiese regerings met betrekking tot gesondheid is betroubaar en red lewens.”
Met betrekking tot Covid-19 sê Long die Namibiese regering het in dié geval dieselfde vasbeslotenheid en toewyding getoon om die land se inwoners en ook die ekonomie te beskerm. Ook hierin is Amerika ’n toegewyde vennoot.
Volgens Long was ’n keerpunt in die stryd teen die pandemie die beskikbaarheid van entstowwe. Tot op hede is meer as 10 miljard dosisse van die entstowwe oraloor die wêreld toegedien. Amerika het tot dusver 224 620 dosisse Pfizer BioNTech aan Namibië geskenk, terwyl 168 000 dosisse Johnson & Johnson eersdaags in die land verwag word.
Long het beklemtoon Covid-entstowwe is dié wat die meeste in die geskiedenis gemonitor word, met wêreldowerhede soos die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (CDC) sowel as die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) wat eens is dat dit veilig en doeltreffend is.
“Net soos die regering lewensreddende antiretrovirale terapie (ART) vir mense met HIV opgeskerp het, het dit ook toegang vir Namibië tot honderde duisende entstowwe teen Covid-19 verseker.”
Ten spyte van vooruitgang wat gemaak is om meer as 350 000 Namibiërs in te ent, maan Long dié wat nie ingeënt is nie, bly ’n risiko vir hulself en ander. Ook maak lae inentingskoerse toeriste meer huiwerig om Namibië te besoek.
“Entstowwe red lewens en beskerm die ekonomie,” het sy beklemtoon.
“Ten spyte van die eenparige siening van wetenskaplikes en openbare gesondheidskenners wêreldwyd dat Covid-19-entstowwe veilig en doeltreffend is, is daar sommige mense met geen bewese rekord oor gesondheidskwessies nie, wat sosiale media gebruik om vals inligting te versprei.
“Die verspreiding van vals inligting is so gevaarlike bedreiging dat die wêreld ’n nuwe term, infodemie, gebruik om dit te beskryf. Dit is omdat die volume en intensiteit van die vals inligting wat sirkuleer in die era waarin ons leef, byna net soveel skade as die siekte kan veroorsaak.”
Long beklemtoon met “al die geraas, inligting en valshede oor entstowwe, kom dit neer oor wie jy gaan vertrou. Die prestasies van die gesondheidsvennootskap tussen Amerika en Namibië behoort vertroue te bied dat Covid-19-entstowwe veilig en doeltreffend is. Die data wys dit vir ons. Asseblief laat jouself inent om jouself en dié om jou te beskerm.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie