FOTO ARGIEF
FOTO ARGIEF

Erge uitbreking van malaria in die noorde van die land

Tuyeimo Haidula
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste sê die voorkoms van malaria in die noorde van Namibië het skerp gestyg. Meer as 2 000 gevalle is tot op hede landswyd aangeteken.

Die gebiede wat die ergste geraak word, sluit in Eenhana, Okongo, Outapi, Engela, Nkurenkuru, Oshikuku, Omuthiya, Oshakati, Onandjokwe, Tsumeb, Rundu, Okahao, Tsandi, Ncamagoro, Nyangana en Andara. Die meerderheid van die gevalle is in die Eenhana-distrik aangeteken met 661 gevalle wat sowat 30% van die totaal is. Die distrik word gevolg deur Okongo met 336 gevalle wat 15% van die totale gevalle verteenwoordig.

Die ministerie se uitvoerende direkteur Ben Nangombe sê in 'n mediaverklaring malariagevalle het beduidend die afgelope vier weke in streke in die land gestyg waar die siekte endemies is. Teen Desember verlede jaar is 2 210 malariagevalle landswyd aangeteken. Dit sluit 265 ernstige gevalle waarin pasiënte in die hospitaal opgeneem moes word. In dieselfde epidemologiese week is nege sterftes weens die siekte ook aangeteken.

"Ten minste 16 van die malaria-endemiese distrikte het die epidemiese drumpel oorgesteek en ervaar tans uitbrekings," het Nangombe bevestig. Volgens hom ervaar Namibië tipies seisoenale malaria-oordrag, met die hoogtepunt wag gewoonlik in Desember begin en tot laat in April duur. Gevalle van malaria sal na verwagting nog verder tydens dié tydperk weens reënval in die betrokke streke styg.

"Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste doen 'n beroep op alle Namibiërs en reisigers na die noordelike en noordoostelike dele van die land om die nodige voorsorg te tref om malaria-infeksies te voorkom," het Nangombe gemaan.

Namibië deel sy grense met lande soos Angola wat 'n baie hoë voorkoms van malaria het. Volgens Nangombe is plaaslike beeswagters wat die grens van Angola oorsteek, identifiseer as 'n beduidende faktor in die verspreiding van die siekte.

"Beeswagters moet alle nodige voorsorg tref om te verhoed dat hulle deur muskiete gebyt word," het hy gesê.

Nangombe het beklemtoon die nodige verhoogde waarnemingstelsels is in plek om gevalle van malaria in al die streke van die land op te spoor en te monitor.

Malaria is 'n parasitiese infeksie wat oorgedra word deur die byt van 'n besmette Anopheles-muskiet. Sou die persoon nie betyds behandel word nie, kan dit tot ernstige simptome soos koors ('n primêre simptoom), erge kopseer, spier- of gewrigspyn, kouekoors en sweet, moegheid, naarheid en braking lei.

Nangombe beveel aan dat besoekers na en inwoners van die geraakte streke vir persoonlike beskerming muskietafweerders gebruik, onder muskietnette slaap en langmouhemde en langbroeke dra om hulle teen muskietbyte te beskerm.

"Gemeenskappe word ook aangeraai om weg te doen met staande water en die omgewing om hul huise skoon te hou om te verhoed dat die muskiete hier broei." - [email protected] a

Kommentaar

Republikein 2025-01-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 17° | 27° Rundu: 19° | 26° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 23° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 18° | 29° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 29° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 18° | 22° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 22° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 18° | 28° Harare: 16° | 22° #REF! #REF!