Dr. Esperance Luvindao FOTO VERSKAF
Dr. Esperance Luvindao FOTO VERSKAF

Esperance ’n baanbreker in digitale gesondheidsorg

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die gesondheidsaktivis, baanbreker in digitale gesondheidsorg en wenner van die Statebond Points of Light Award-toekenning, dr. Esperance Luvindao, was een van ’n uitgelese groep sprekers tydens die pas afgelope Internasionale Konferensie vir Openbare Gesondheid in Afrika wat in Lusaka, Zambië, gehou is.

Sy het dié gesogte toekenning ontvang vir die 44 000 gratis aanlyn konsultasies wat sy tydens die Covid-19-pandemie aan mense gebied het.

Luvindao, wat verlede jaar op die Forbes 30 Under 30-lys was, is ook die stigter van Menga Healthcare Technology wat deel is van haar doelwit om telemedisyne in Afrika te bevorder.

Sy het die verhoog onder meer gedeel met die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO), dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus.

Luvindao het gefokus op wat Afrika kan doen om verouderde gesondheidsbeleidsrigtings en -regulasies te verander wat die implementering van lewensreddende tegnologieë beperk.

“Die behoefte om beleidsrigtings te verander om innovasies vorendag te kom wat digitale gesondheid akkommodeer, is onvermydelik,” het sy gesê.

Haar telemedisyne-diens Menga het juis ten doel om die kritieke gapings binne Afrika se gesondheidstelsels te takel.

“Die koers van dokter tot pasiënt is nie wat dit moet wees nie, daarom die ongelyke verhouding van beskikbare dokters wat na pasiënte kan omsien. Gesondheidsgeriewe is oorweldig met pasiënte, pasiënte moet ure wag om ’n dokter te sien, terwyl pasiënte in landelike en semi-landelike gebiede dikwels uit hul eie sak vir basiese gesondheidsorg betaal.”

Met die hulp van Menga sal laasgenoemde pasiënte toegang tot hul dokter en ’n konsultasie en voorgeskrewe medikasie in minder as drie minute kan kry sonder om hul woonbuurt te verlaat.

Luvindao se deelname aan die internasionale konferensie is ’n beduidende stap om digitale gesondheidsoplossings te bevorder en Afrika se posisie in globale gesondheidsorg te versterk. Sy was ook verlede jaar ’n gasspreker in Dubai by die grootste konferensie in die wêreld wat op tegnologie vir gesondheidsorg fokus.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 33° Oshakati: 23° | 32° Ruacana: 20° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 23° | 31° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 24° | 35° Mariental: 26° | 39° Keetmanshoop: 25° | 40° Aranos: 26° | 39° Lüderitz: 19° | 31° Ariamsvlei: 25° | 40° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 24° | 37° Lubumbashi: 15° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 18° | 23° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 23° | 31° Cape Town: 20° | 28° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 32° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 16° | 28° #REF! #REF!