FOTO TER ILLUSTRASIE. FOTO ARGIEF
FOTO TER ILLUSTRASIE. FOTO ARGIEF

'Funksionele eenheid' moet druk kan uitoefen

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die Namibiese Private Praktisynsforum (NPPF) wil lede van mediese fondse in mededingende groepe of verenigings onder leiding van gesondheidswerkers organiseer in ‘n poging om as ‘n kollektiewe groep druk op mediese fondse te kan uitoefen. Dr. Dries Coetzee, die NPPF se uitvoerende hoof, het verwys na die betaling van derde partye (administrateurs van mediese fondse) wat volgens hom onder enige omstandighede probleme oplewer.

“As daarby nog ongereguleerde administrasie bygevoeg word, land die twee partye waarom alles eintlik draai, (die pasiënt en gesondheidswerker), in ‘n onhoudbare situasie.” Volgens hom dreig mediese fondse dat hulle weens “fraud, waste, abuse” wat voor die deur van gesondheidswerkers gelê word, hul reserwes verloor en dus besig is om ten gronde te gaan.

“Hul weier egter volstrek om die hoeveelhede geld wat hulle aan hul eienaar-administrateurs uitbetaal in die ope te bring.”

Hy het gemaan dit is noodsaaklik dat die twee ander partye in die driehoek naamlik pasiënte en gesondheidswerkers na vore tree en hulself in ‘n funksionele eenheid organiseer.

“Sou die aandeelhouers van die ongereguleerde administrateurs besluit om te onttrek weens onvoldoende winste, bestaan daar die moontlikheid van ‘n totale ineenstorting.”

Coetzee sê die NPPF het vorms aan lede se pasiënte gestuur wat vrywillig deur hul ingevul kan word.

“Ons wil verenigings oraloor die land stig bv. ‘N vereniging van NHP-lede ens. Wanneer die netwerk van mediesefondslede gevestig is, sal ons nie net direkte kommunikasie met hulle hê nie, maar ook ‘n manier om kollektief die fondse te hanteer. Druk kan dan plaaslik deur jou plaaslike groep of op nasionale vlak deur die lede as totale groep uitgeoefen word,” het Coetzee verduidelik.

Volgens hom word fondse nie soos vereis deur die wet gereguleer nie en misluk die vereniging van mediese fondse in Namibië (Namaf) in sy funksie om fondse te beheer en probeer eerder om diensverskaffers te beheer.

“Instede van welwillendheid en proaktiewe deelname onder rolspelers, is antagonisme aan die orde van die dag.” Volgens die vorms wat NPPF aan sy pasiënte uitstuur, gee die pasiënt toestemming dat die betrokke diensverskaffer en praktyk sy e-posadres aan die NPPF verskaf en dat dit vir blote kommunikasie gebruik sal word.- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!